Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
    iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
iT - Sake : IT - SAKE : STORIE
 
Cisco-ervaring baie na aan realiteit
16/07/2008 08:40  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Cecile Nel,


Die era van telekonferensies vir ondernemings het aangebreek.

Eerstens omdat die ervaring deesdae uiters naby aan die realiteit kan wees en tweedens omdat ondernemings se bewustheid van kostebesparing en omgewingsbewaring baie opgeskerp het in ’n ekonomiese onstuimige tyd.

’n Telekonferensie is tipies wanneer twee of meer partye, wat geografies ver van mekaar sit, ’n gesprek voer deur telekommunikasie-toerusting. Sommige toerusting werk net met klank en wanneer beelde van die pratende partye ingesluit word, is dit ’n videokonferensie.

Die multinasionale tegnologiegroep Cisco se Suid-Afrikaanse afdeling het tydens ’n geleentheid verlede week in Johannesburg aan die media gedemonstreer hoe sy telekommunikasie-produk, Cisco TelePresence, werk.

“Dit is met teensin wat ek óns telekonferensies met videokonferensies vergelyk. Die Telepresence-ervaring is heeltemal anders,” het mnr. Kumaran Nair, direkteur van bedrywighede vir Cisco Suid-Afrika, gesê.

Cisco se sisteem is besonder omdat dit in ’n beheerde omgewing is – in dié geval in spesifieke vertrekke in die maatskappy se onderskeie takke. In só ’n vertrek is daar klank-, kamera- en internettoerusting. Die mure moet ’n spesifieke kleur geverf wees en die meubels moet eenvormig wees sodat die hele maatskappy se vertrekke eenvormig lyk.

Twee of meer sulke identiese vertrekke word deur ’n breëband-verbinding, in dié geval ’n internetprotokol-foon, verbind en só word ’n virtuele raadsaal geskep.

Die virtuele raadsaal lyk realisties omdat die twee vertrekke só identies is: van die beligting tot die kleur van die houttafel en die vorm van die stoele.

Die sisteem is ook só ontwikkel dat dit baie gebruikersvriendelik is – ’n afspraak word per e-pos gemaak en die sisteem skakel met die druk van ’n knoppie oor na die ander party. “Die ervaring is baie ná aan die realiteit. Dit is asof almal om een tafel sit – al is julle in verskillende lande,” het hy gesê. Nair sê die vertrek in Cisco se Johannesburg-kantoor is van vroeg tot laat voltyds uitgeboek.

“In Suid-Afrika is breëband-internet nog ’n probleem, maar ons het alreeds een stelsel hier verkoop en drie geriewe aan die president geskenk.” Hy sê sodra breëband-internet hier verbeter, behoort telekonferensies ook hier in groter aanvraag te wees.

) Cisco het intern reeds 229 geriewe in 108 stede ter wêreld.

) Die sowat 17 339 vergaderings wat al gehou is, het die groep reiskoste ter waarde van sowat $165 miljoen (sowat R1,2 miljard) bespaar. Boonop is die aarde van die kweekhuisgasse wat met reis gepaardgaan, gespaar.

) In Desember 2007 het Cisco ’n mylpaal van 100 kliënte vir dié stelsel in meer as 40 lande bereik waaronder Verizon, Procter & Gamble en SAP.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae