Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6300 Rand/£: 15.1800 Rand/€: 11.9900 Gold $/oz: 929.12 Platinum $/oz: 1735.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
'Krugerpark was my huis; waarheen nou?'
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Obama draws 200 000 in Berlin
Robbed singer 'prayed out loud'
Steyn has fractured thumb
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : AANDELE : STORIE
 
Kristalbol troebel oor Amerikaanse aandele
12/05/2008 07:29  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

In ’n tyd waar baie Suid-Afrikaanse beleggers hulle aandelebelange met buitelandse blootstelling gediversifiseer het, is die vraag wat hulle in hierdie stadium van hul beleggings kan verwag.

Heelparty beleggers is ná 2001 teleurgesteld in hul buitelandse belange nadat hulle op groot skaal hul toevlug tot die buiteland geneem het in afwagting op ’n verdere verswakking in die rand.

Dit het nie gebeur nie met die rand wat daarna ongekende sterkte getoon het en Amerikaanse aandelemarkte wat nie aan die nodige groeiverwagtinge voldoen het nie.

Sedert Junie 2007 is markte buitengewoon wisselvallig. Hoewel die onmiddellike oorsaak die verswakking in die kredietwaardigheid van die gesekuriteerde verbandmark in die VSA was, het aandelemarkte wêreldwyd daaronder gely.

Ná die byna paniekbevange verkope in die middel van Maart vanjaar en die buitengewone likiditeitsmaatreëls wat deur die Amerikaanse Federale Reserweraad getref is, het markte nou grootliks gestabiliseer en in sommige gevalle selfs ’n bul?lopie ervaar.

Was die skerp daling van aandelemarkte geregverdig en kan die huidige waardasies van die Amerikaanse aandelemark enige lig werp op die moontlike rigting wat die mark van nou af kan inslaan?

Mnr. Larry Jones, beleggingshoof van Nedgroup Beleggings, sê die S&P 500-indeks verhandel teen ’n prys-verdienste-veelvoud (p/v) van 20, vergeleke met die maatskappyverdienstes die afgelope 12 maande. Ondanks die onlangse markdaling is die mark se p/v steeds bokant sy historiese gemiddelde.

Van 1900 tot 2007 was die gemiddelde p/v van die mark 14,9. Maar so ’n vlietende markwaardering het nie veel nut nie. Amerikaanse maatskappyverdienste is siklies van aard en dit hang baie af van waar die siklus is of die huidige p/v goeie waarde bied of nie.

Byvoorbeeld, op die laagtepunt van die vorige resessie in 2002 het die mark teen ’n p/v van meer as 40 teenoor maatskappyverdienste verhandel, sê Jones.

“Ondanks die hoë veelvoud was dit eintlik ’n koop-geleentheid. Op daardie tydstip het die mark verby die resessie gekyk na ’n waarskynlike herstel in winste.” Vir vyf jaar van Oktober 2002 het verdienste meer as verdubbel en die aandelemark het met 80% gestyg.

Die verdienste van maatskappye in die S&P 500-indeks het in die middel van 2007 ’n hoogtepunt van sowat $85 per aandeel bereik, maar het nou tot onder $70 per aandeel teruggesak. Die mark se p/v van 20,5 is hoër as in Julie 2007, ondanks die feit dat die mark met 12% gedaal het.

Maatskappyverdienste kan ook verder daal gegewe dat die Amerikaanse verbruikersbesteding 70% van die BBP verteenwoordig en die volle uitwerking van die resessie in die eiendomsmark waarskynlik nog na die groter ekonomie gaan uitkring.

“In ’n stadium sal die mark ook ’n herstel in verdienste in die siklus begin antisipeer. Om na ’n statiese p/v-veelvoud te verwys, sal ons nie help om die draaipunt te identifiseer nie.”

Daar sal na ander aanwysers gekyk moet word. Een metode om vir die sikliese hoogte- en laagtepunte te vergoed, is om na gemiddelde p/v-veelvoude oor 10-jaartydperke te kyk.

Gedurende 1987 was die mark se gemiddelde p/v 13,3. Vir die 20 jaar daarna was dit gemiddeld 22. In ’n mate was die onlangse hoër p/v geregverdig deur die volgehoue disinflasie wat in die tydperk ondervind is. Die geskiedenis leer dat tydperke van dalende inflasie (en dalende effektekoerse) geassosieer word met stygende p/v-veelvoude.

Maar dit is nie duidelik of die klimaat in die toekoms so gesond sal bly nie. Inflasie is wêreldwyd besig om te styg. Die opbrengs van Amerikaanse 10-jaar effekte is op 3,5% taamlik laag en die risiko van ’n potensiële hoër inflasiekoers word nie uitgesluit nie.

“Sou hoër inflasiedruk oor die volgende paar jaar tot hoër effekteopbrengste lei, sal dit waarskynlik ’n tydperk van krimpende p/v-veelvoude inlei.”

Só ’n scenario sal dalk nie realiseer nie of kan tyd neem om te ontvou, sê Jones.

“Maar die vooruitsigte van die risiko gepaardgaande met hoë waardasievlakke in die tyd dat ons ’n resessie inbeweeg, beteken dat die mark beleggers kan teleurstel.” Veral diegene wat dink dat buitengewone opbrengste op hul aandelebeleggings hervat sal word ná die ekonomiese afswaai. Of dat die rand noodwendig weer skerp sal verswak.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae