Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.5800 Rand/£: 15.1200 Rand/€: 11.9100 Gold $/oz: 925.85 Platinum $/oz: 1728.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27112.73 Top 40: 25205.57 FNDI 30: 22825.07 Gold Mining: 2195.43 Resource 20: 57268.00 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : AANDELE : STORIE
 
Hou top-20 en MSCI-indeks dop vir interessante bewegings in aandele
12/05/2008 07:29  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Flip Meyer


Beleggers in die aandelemark en effektetrusts kan gerus twee indekse dophou wat relevansie vir hul beleggings kan hê.

Vir eers is daar die top-20-aandele wat die laaste tyd interessante bewegings toon. In ’n vorige rubriek is na dié indeks verwys. Dit is ’n toonbeeld van die oorheersing van kommoditeitsaandele en hoe bekende name buite die kommoditeitsmark in die slag gebly het.

Die jongste beweging wat die oë laat rek, is dié van Absa, wat nou in die 20ste plek is. Aandele soos Naspers (18de) en Telkom (17de) is nou verby Absa gemeet aan markwaarde. Ander banke en finansiële dienste wat hoër as Absa aangeslaan word, is Standard Bank (9de) en FirstRand (14de).

Die beter nuus vir Absa-aandeelhouers is dat die aandeel nie vinnig uit die top-20-indeks kan beweeg nie. Effektetrusts en ander fondse wat die top-20-indeks volg, neem tyd voordat hulle verkoop en die gewigte van aandele aanpas. Die top-20-indeks, soos ander indekse van die JSE, word elke kwartaal aangepas.

Tog is dit belangrik om kennis te neem dat Absa se aandeelprys so skerp gedaal het dat hy heel laaste in die tou is in die top-20-indeks. Die risiko bestaan dat as sy plek lank só bly, fondsbestuurders hul Absa-gewig in portefeuljes kan begin verminder.

Wanneer fondse wat indekse volg begin verkoop, kan dit verdere afwaartse druk op ’n aandeelprys plaas.

Min is grondliggend verkeerd met Absa. Spaar-beleggings in die bank bly veilig, maar vir die aandeelhouers in die bank is die swakker markaanslag wel iets om van kennis te neem.

’n Goeie voorbeeld van die indeks-spook is Bidvest, wat eers in die top-20 was. Bidvest se markwaarde is nou R38 miljard teenoor Absa se markwaarde wat R63 miljard beloop. Bidvest is dus nie ’n bedreiging om Absa uit die top-20 te lig nie, tensy eersgenoemde se prys skerp styg.

Toe Bidvest se prys eers begin daal, het sy rangorde in die indeks geval en was daar afwaartse druk op die aandeelprys.

Dieselfde noodlot het Liberty International getref. Dié aandeel is steeds ’n goeie randverskanser, maar sy verlore aansien het die prys skerp laat daal. Hy is ook nie meer deel van die top-20 nie.

Ander bekende aandele wat nog ver onder Absa se markwaarde is, is Sanlam (R45 miljard) en Nedbank (R52 miljard). Banke en aandele in die sektor vir finansiële dienste is wêreldwyd in onguns.

Die tweede indeks wat van belang is, is die MSCI-Suid-Afrika-indeks. Die MSCI-indekse verteenwoordig die waarde wat op ontluikende lande, soos Suid-Afrika, geplaas word. Bo-aan die lys van die MSCI-indeks vir Suid-Afrika, is Sasol met ’n gewig van sowat 13%. Dan volg MTN (sowat 10%), Impala Platinum (sowat 10%) en Standard Bank (6%). Dit is volgens die stand van die gewigte op die indeks einde Maart.

Binnekort word die gewigte van Suid-Afrikaanse aandele in die MSCI-indeks aangepas. Dit is van belang om te weet watter aandele se gewigte in die indekse opwaarts of afwaarts skuif.

Dit kan ook gebeur dat die MSCI nie noodwendig sy gewig in Absa sal verminder nie. Die indeks kan verskil van die top-20-indeks van die JSE. Dat Sasol die grootste gewig in die MSCI-indeks vir Suid-Afrika dra en derde is in die JSE top-20 liga, wys dat rangordes en gewigte kan verskil.

MTN, wat met Sasol meeding om die derde plek in die top-20-indeks, is byna R300 miljard werd wat minder as die helfte van Anglo American (grootste) en BHP Billiton (naasgrootste) se waardes is. Anglo American en BHP Billiton loop net so ver voor soos Tiger Woods op die wêreldranglys vir gholfspelers.

Woods kan ’n jaar lank aan geen gholftoernooie deelneem nie en nogtans sy kroon behou.

Portefeuljebestuurders van effektetrusts wat passief indekse volg, sal kennis neem van die top-20- en die MSCI-indeks. Uiteraard raak dit ook klein beleggers en dit is belangrik om kennis te neem wanneer daar veranderinge is in die top-aandele in u beleggingsportefeulje.

) Meyer is ’n vryskut-joernalis.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae