Ál meer in SA sien wins in glasbank
Om Suid-Afrikaners die gewoonte van herwinning te leer, is waarskynlik een van die grootste uitdagings waarvoor 'n organisasie of individu te staan kan kom.
Kyk fyn voor jy stuiwer-aandele koop
Klein beleggers hou daarvan om soms na sogenaamde stuiwer-aandele op die AltX te loer. Daar is niks mee verkeerd nie, maar wees baie versigtig.
Untitled Document
Rand/$: 7.6900 Rand/£: 14.0000 Rand/€: 11.2900 Gold $/oz: 830.80 Platinum $/oz: 1486.50 Platts Brent Oil: 114.41
JSE VANDAG: All Share: 27702.06 Top 40: 25556.75 FNDI 30: 23436.88 Gold Mining: 1794.31 Resource 20: 57412.23 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
JSE: Foreigners to stay sellers
Competition, lower prices coming
Petrol price slashed
Beeld
Polisie skiet slagoffers
Waterkloof-3 beskryf hoe hulle aanrand
Huisrooftog: Vrou (53) sterf, man gewond
Volksblad
Dis maak of breek
Aanvaar Block, sê verloorder
Skool tree streng op
News24
Phosa: Poverty is colourless
Proteas' ODI freefall continues
Palin: I was just a hockey mom
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : AANDELE : STORIE
 
Met FEi kan jy belê in Warren Buffett se maatskappy
09/06/2008 08:57  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

René Vollgraaff,


Suid-Afrikaanse beleggers kan nou blootstelling kry aan die beleggingsoordeel van die derde rykste mens ter wêreld.

PSG Online het onlangs ’n buitelandse aandeelgekoppelde instrument (FEi) bekend gestel waardeur beleggers regstreeks op buitelandse aandelebeurse soos dié van New York, Londen en Tokio kan belê.

Beleggers sal in van die wêreld se grootste maatskappye kan belê, selfs mnr. Warren Buffett se Berk?shire Hathaway.

Volgens mnr. Corrie du Bruyn, uitvoerende hoof van PSG Online, is die instrument ontwikkel met gewone mense in gedagte en kan dit benut word deur bloot PSG Online se webwerf te besoek.

Beleggers hoef ook nie hul buitelandse beleggingstoelaag te gebruik om hierin te belê nie aangesien PSG Online sy toelaag, wat tans ’n kapasiteit van R1,2 miljard het, vir dié doel gebruik.

Volgens Du Bruyn word ’n minimum belegging van sowat R100 000 vereis om die FEi-instrument te gebruik, maar dit is net om die belegging “noemenswaardig” te maak aangesien dit na Amerikaanse dollar of Britse pond omgeskakel moet word.

Volgens mnr. John Vorster, direkteur van aanlynverhandeling van PSG Online, sal beleggers die voordeel hê van ’n baie likiede beleggingsinstrument.

Hulle kan hul beleggings in dié instrument enige tyd realiseer en uitbetaling sal dan binne vyf dae geskied.

Beleggers kry toegang tot ’n verskeidenheid produkte deur een platform en kan enige tyd ’n aandelebelegging na ’n ander buitelandse aandeel, effektetrust, regeringsobligasie of korporatiewe effekte of geldmarkfondse oorskakel.

Vorster sê die webwerf waarop die FEi-instrument verhandel, verskaf ook nuushooftrekke, mark?verslae wat drie maal per dag bygewerk word, tegniese ontledings, ’n weeklikse nuusbrief en pro?grammatuur vir tegniese ontleding.

“Dié inligting is alles deel van een gekonsolideerde aansig van die webwerf wat verwysing en toegang maklik maak,” sê hy.

’n Verdere fokusgebied van PSG Online se verhandelingsplatform is die aanlyn-opleiding van beleggers deur ’n stap-vir-stap-aanlyngids. Opleiding word verskaf oor die aandelemark, fundamentele en tegniese ontleding en portefeuljebeplanning.

Volgens Vorster word geen aanvangsgelde op beleggings in die FEi gehef nie.

Die makelaarsgelde is 0,5% en ’n verdere 0,5% word gehef wanneer ’n belegger sy belegging verkoop of oorskakel.

Die jaarlikse gelde bedra 1,25%.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae