Superduur huise se pryse snel voort
Minder superduur huise word tans verkoop, maar dié wat verkoop word, behaal steeds superpryse.
Vele vulstasie-eienaars ‘moet spook vir 'n wins’
Wanpersepsies bestaan dat vulstasie-eienaars breed glimlag elke keer as die petrolprys opgestoot word.
Untitled Document
Rand/$: 7.7200 Rand/£: 14.1100 Rand/€: 11.3600 Gold $/oz: 835.35 Platinum $/oz: 1460.00 Platts Brent Oil: 115.09
JSE VANDAG: All Share: 28027.74 Top 40: 25921.74 FNDI 30: 23720.18 Gold Mining: 1848.40 Resource 20: 58296.29 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Sasol survives Chinese culling
SA house sales down 38%
'Rates chaos' in Johannesburg
Beeld
Gay wen teen kerk
Riool in Vaal: ‘Genoeg is genoeg’
Kinders leer van Satanisme
Volksblad
Skolegeweld skok
Fees spring volstoom weg met heerlike weer en atmosfeer
Riool loop glo in drinkwater in
News24
Historic date for Obama
Massive Waterfront expansion
Brrrrrace yourselves...
Gewildste Artikels
Dié see is nog SA s’n
OMC-pantservoertuie verstom buitelandse klante steeds
Olieprys en rand kry hoogtevrees
Eikebome vs. rustende boer: 2 - 0
‘Diversifiseer na oorsese eiendom’
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : AANDELE : STORIE
 
AltX het reeds vyf firmas bo R1 miljard
09/06/2008 08:57  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Visser,


Die “baba” van die JSE, die AltX, spog reeds met vyf genoteerde maatskappye met ’n markwaarde van meer as R1 miljard elk.

Dit sluit in Blue Financial Services (finansiëledienstebedryf), Vox Telecom (telekommunikasiebedryf), Esor (konstruksiebedryf), Acc-Ross (eiendomsontwikkelingsbedryf) en African Dawn Capital (finansiëledienstebedryf).

Hierdie vyf aandele verteenwoordig die bedrywe wat die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope paar jaar aangeblaas het.

Die vraag ontstaan dikwels watter soort beleggingstrategie Jan en San Publiek moet volg indien op die AltX belê wil word.

“Die beste (strategie) is om ’n goeie maatskappy te kies wat jy weet oor vyf of tien jaar nog daar sal wees en dan sy aandele teen die regte prys te koop,” sê mnr. Alistair Lea, portefeuljebestuurder by Coronation.

“Ek sal nooit by iemand aanbeveel om ’n korttermynstrategie te volg nie. Met kort termyn kom risiko en jy moet bereid wees om geld te verloor.”

Mnr. Rudi van der Merwe, portefeuljebestuurder by Standard Bank, sê beleggers is nou meer op risiko ingestel as op die prys van aandele. Dit is die gevolg van die strammer krediet- en likiditeitsmark en kan in AltX-aandele se prys-verdienste-verhouding ?(p/v) gesien word.

Hy maan beleggers ook om ’n langtermyn- eerder as korttermynbenadering van aandele op die AltX te volg.

“Beleggers moet hul AltX-aandele versigtig kies en moet bereid wees om ’n paar jaar daaraan vas te byt,” sê hy.

Oor die lopie van noterings op dié alternatiewe beurs aan die einde van verlede jaar, is albei hierdie fondsbase versigtig.

“Daar was definitief opportunistiese noterings toe die mark met likiditeit oorspoel is,” sê Lea. “Dit gebeur maar in markte.”

Volgens hom het van die maatskappye op die alternatiewe beurs nie om die regte redes, waarvan kapitaalverkryging die belangrikste is, genoteer nie. “Van die bestuur van sommige van die kleiner aandele het genoteer om wins te maak en dan te hardloop.”

Hy is egter oortuig daar is geld te maak op die AltX en dat daar goeie maatskappye genoteer is.

Van der Merwe sê dit is ’n sikliese ding en die afswaai in die kleiner aandele se pryse die afgelope paar maande is normaal.

“Dit gebeur veral met kleiner aandele gedurende ’n oplewing en dan ’n afswaai in die mark.”

Hy sê daar is nou meer realisme in die mark. “Dit kan gesien word in die gebrek aan belangstelling vir nuwe noterings.”

Die lopie van noterings verlede jaar was volgens Van der Merwe van ’n beter gehalte as die lopie aan die einde van die 1990’s.

Hy sê ons kan wel verwag dat ’n paar van die kleiner aandele in die huidige marktoestande van die beurs kan afval.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae