Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Ontluikende markte kan dalk weer net so goed groei soos in 2007
03/03/2008 08:44  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Liana Mocke


Ontluikende markte, waaronder ook Suid-Afrika, het ’n goeie 2007 agter die rug – met China en Indië die voorlopers en Brasilië en Turkye wat ook goed gevaar het.

Maar die VSA-kredietkrisis en vrese vir ’n Amerikaanse resessie het die markte nie sonder wonde gelaat nie en aan die begin van 2008 het ontluikende markte kwaai gely onder beleggersvrese.

Die MSCI-indeks vir ontluikende markte het byvoorbeeld met 12% geval – meer as die MSCI Wêreldindeks – en boonop dui studies daarop dat beleggers in ontluikende mark­te hulle vanjaar op verliese moet voorberei, sê die International Herald Tribune van 12 Februarie 2008.

Dit het aan die begin van 2008 gelyk of die “ontkoppelingsteorie,” (berig hierby), sy moses teëgekom het deurdat ontluikende markte hul eie vertoning nie noodwendig van dié van die VSA kan skei nie.

Die jaar is nog in sy babaskoene, maar daar is steeds ’n verwagting dat veral China dit gaan regkry om hom “te ontkoppel” van gebeure in die ontwikkelde markte en sal voortstu met groei, al is dit met ’n stadiger pas as verlede jaar.

Mnr. Roelof Horne, portefeuljebestuurder by Investec Batebestuur, sê die skuld vir die swakker vertoning van ontluikende markte aan die begin van die jaar kan grootliks toegeskryf word aan beleggers wat sku word vir risiko in tye van wisselvalligheid.

“In Januarie het ons weer eens vrese van ’n Amerikaanse resessie ervaar en erge druk op die wêreldwye ekonomie. Dit het daartoe gelei dat beleggers aandele verkoop en beleggings met minder risiko begin soek het.”

Hy sê die impak op ontluikende markte is tipies aangedryf deur kleinhandel-effektetrustbeleggers wat geld onttrek uit ontluikende markte. Dit veroorsaak weer dat portefeuljebestuurders verplig word om te verkoop om die aflosse uit die fondse te finansier.

“Daarom, al is probleme gelokaliseerd in ’n spesifieke gebied of land, sal ons dikwels vind dat ontluikende markte verkoop namate die verpligte verkope van fondse ’n uitkring-effek veroorsaak.”

Hoewel sleg weggespring is, lyk dit nou weer of ontluikende markte steeds goed kan vaar, selfs beter as die groter ontwikkelde markte.

Wat in baie ontluikende markte, soos Brasilië, se guns tel, is verstedeliking en ekonomiese groei, wat dikwels tot ’n middelklas met groter besteebare inkomste lei.

“Ons verwag dat ontluikende of verwante markte vanjaar goeie ekonomiese groei gaan lewer, dít ten spyte van ’n skerp afname in die ontwikkelde wêreld,” sê Horne.

Die vooruitsig vir die aandelemarkte is egter nie so duidelik nie. “Ek verwag dat grondliggende faktore, soos ekonomiese groei wat maatskappyverdienste aandryf, steeds vir positiewe verwikkelinge sal sorg.”

Ontluikende lande se aandelemarkte lok dikwels baie aandag van internasionale beleggers wat deur plaaslike inwoners aangevul word.

“Dan is daar geen keer meer nie.”

Horne sê hy is optimisties oor Afrika se markte omdat die meeste (Suid-Afrika uitgesluit), nie ’n verbintenis met ander ontluikende of ontwikkelde markte het nie.

“Hulle word aangedryf deur plaaslike beleggers en hul vertoning word meestal bepaal deur plaaslike faktore.

“In die huidige wispelturige en vrees-gedrewe wêreldmarkte is Afrika ’n baie aangenamer plek om te wees.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Geldsake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Entrepreneursake
  82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
  Van klaas tot haar eie baas
  Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd

Beeld
  Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
  Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
  Man skiet glo buurvrou uit jaloesie

Volksblad
  Ster op snelweg beroof
  Rooi kaarte: Spelers tegemoetgekom
  Man skiet glo buurvrou uit jaloesie



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons