Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Mboweni talks tough on Investec
Motorists set for 'reprieve'
Super Group shares tank
Beeld
Zim-onderhandelinge begin
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
OTM-rowers ontvoer wag en sy hond
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Nigeria petrol tanker fire kills 12
Zim talks under way in SA
Facebook to go web wide
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
SA sal stellig resessie vermy
03/03/2008 08:44  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

David Crosoer,


Meer as 15 miljoen Suid-Afrikaners is te jonk om deur ’n resessie te geleef het. Staan ons nou aan die vooraand van een?

Dit lyk steeds onwaarskynlik, maar die risiko’s vir die groei van die bruto binnelandse produk (BBP) kan ’n mens steeds verras. Die onsekerheid sal beleggingsgeleenthede bied waaruit goeie fondsbestuurders voordeel sal trek.

’n Resessie word gedefinieer as twee agtereenvolgende kwartale van negatiewe reële BBP-groei. Die meeste resessies duur net só lank, ’n paar kwartale, en teen die tyd dat kommentators besef dat ons een beleef het, is ons reeds weer daaruit. Hoewel BBP-groei laat in 2006 ’n piek bereik het, is dit 60 kwartale (15 jaar) sedert Suid-Afrika twee kwartale van negatiewe BBP-groei gehad het.

Dié ononderbroke groei van die binnelandse ekonomie is ongekend en het saamgeval met ’n tydperk waarin die Amerikaanse ekonomie ook sterk gegroei het, behalwe vir een kwartaal van negatiewe groei in 2001.

Terwyl die Suid-Afrikaanse ekonomie duidelik begin afplat het, is reële BBP-groei steeds gesond, en volgens die meeste ekonome word verwag dat dit in 2008 na aan 4% sal wees.

Waarom glo sekere kommentators dan dat ’n resessie moontlik is? Suid-Afrika was in die verlede kwesbaar vir selfs geringe Amerikaanse resessies, aangesien die VSA as spilpunt dien in die wêreldekonomie.

Om sy groei te finansier, moet Suid-Afrika kapitaalgoedere invoer, waarvoor betaal word deur sy uitvoergoedere aan die VSA en ander ontwikkelde lande te verkoop. ’n Afswaai in die VSA dwing Suid-Afrika om ook stadiger te groei.

Dit beteken nie noodwendig dat die Suid-Afrikaanse ekonomie outomaties in ’n resessie verval nie.

Dit lyk toenemend waarskynlik dat die VSA reeds besig is om ’n resessie binne te gaan. Amerikaanse BBP-groei het tot ’n skamele 0,6% in die laaste kwartaal van 2007 verswak. Kommentators wat glo dat Suid-Afrika ’n resessie kan binnegaan, is begaan oor die impak van ’n afswaai in die VSA op wêreldwye en Suid-Afrikaanse groei.

Is die versigtigheid misplaas? Die VSA se Federale Reserwe-raad doen alles in sy vermoë om ’n resessie te vermy deur rentekoerse aggressief te verlaag. ’n VSA-resessie, sou dit plaasvind, sal waarskynlik van korte duur wees.

Die voortgesette groei in China en Indië behoort ook die impak van ’n resessie in die VSA op Suid-Afrikaanse uitvoer, veral die uitvoer van minerale, te versag.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie groei stadiger, maar twee kwartale van negatiewe BBP-groei lyk tans hoogs onwaarskynlik.

) Crosoer is ’n navorser by Glacier Navorsing in die Sanlam-stal.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  Kry liewer kundige hulp met die opstel van ’n kontrak
  Finaliste aangewys in die soektog na Vrou van Jaar
  Gauteng steun township-sake



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons