Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
SA faces climate nightmare
Unions want Ramos to stay
No oil price relief in sight
Beeld
Man (27) geskiet in Leeupark
Steelvideo wys stemknoeiery
Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Dad-to-be shot in restaurant
Lion-heart Nadal wins epic
KFC, Nando's to the rescue
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Sanlam stel filiaal bekend vir eienaars, beroepslui
17/03/2008 08:19  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Sanlam het ’n filiaal vir professionele werklui of diegene wat eie sake-ondernemings het, bekend as Sanlam Cobalt, bekend gestel.

Mnr. Jacques de Villiers, senior bestuurder: spesiale projekte by Sanlam, sê die professionele lui is ’n aantreklike marksegment. Daar is tans sowat 295 000 professionele persone in Suid-Afrika, van wie 80% salarisse kry.

Hy verduidelik dat Sanlam Cobalt vir beroepslui die resultaat is van uitgebreide marknavorsing na die finansiële behoeftes en vereistes van mense wat in professies is.

Die oplossings strook met Sanlam se strategie om op die behoeftes van kliënte te konsentreer – in dié geval die behoeftes van beroepslui.

“Ons navorsing dui daarop dat professionele persone verlang dat kundiges hul finansiële portefeuljes gereeld hersien. Baie van hulle besef nie aan watter risiko’s hulle en hul afhanklikes in die geval van siekte, dood of trauma blootgestel sal wees nie. Daarbenewens besef baie nie die omvang van voorsienings wat nodig is om voldoende vir aftrede voorsorg te tref nie.”

Volgens De Villiers bied Sanlam Cobalt ’n tweeledige benadering tot die identifisering van kliëntbehoeftes.

Om die status van beroepslui se finansiële behoeftes korrek te identifiseer en te ontleed het Sanlam ’n omvangryke persoonlike finansiële fiksheidsontleding vir hul behoeftes ontwikkel waarvan die resultaat in ’n individuele verslag opgesom en vasgelê word.

Vir beroepslui wat selfbesoldig is, is die proses uitgebrei en word ’n besigheidsfiksheidsevaluering en -ontleding gedoen.

Dié hulpmiddels is beskikbaar deur tussengangers wat by Sanlam Cobalt geakkrediteer is.

Advies sluit in risikodekking, soos lewensdekking en ongeskiktheids- en ongeluksvoordele, en advies vir welvaartskepping.

Sanlam se navorsing het die behoefte openbaar vir ’n siektevoordeel wat uitbetaal word wanneer ’n werknemer afgeboek word – ongeag of dit ’n verlies aan inkomste tot gevolg het.

Dié voordeel het sekere unieke mededingende eienskappe, insluitende premie-onderskeid tussen geslagte en tussen rokers en nie-rokers. Die voordeel is as losstaande voordeel ontwikkel, maar kan ook met ander voordele gekombineer word.

Die welvaartskeppingsadvies bied beleggingsopsies soos effektetrusts, gekoppelde produkte, bestuurde portefeuljes, beleggingsplanne en uittree-annuïteite.

Sanlam Cobalt bied ’n reeks ondersteuningsdienste vir selfbesoldigde beroepslui aan, onder meer boedelbeplanning.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
  Van klaas tot haar eie baas
  Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons