Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
17/03/2008 08:19  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die Sanlam Demutualiseringstrust het nóg ’n veldtog begin om sowat 60 000 polishouers op te spoor wat nog nie hul gratis Sanlam-aandele opgeëis het nie. Dié sowat 24 miljoen onopgeëiste aandele het ’n markwaarde van sowat R470 miljoen.

Die 60 000 polishouers was geregtig op gratis Sanlam-aandele toe die finansiëledienstegroep in 1998 gedemutualiseer en op die JSE en Namibiese aandelebeurse genoteer het.

Polishouers het nog net tot 22 Oktober vanjaar kans om hul aandele op te eis waarna die toekenning verval en die aandele na Sanlam oorgedra word.

Die trust is in 1998 vir ’n tienjaar-tydperk gestig vir die bewaring van die aandele asook om polishouers op te spoor wat nie hul aandele opeis nie.

Sowat 2,2 miljoen polishouers was op 15 Oktober 1998 geregtig op gratis aandele, van wie 562 000 nie hul aandele voor daardie datum opgeëis nie. Die trust het sedertdien, deur verskeie veldtogte, die aantal “verlore” polishouers na 60 000 verminder.

Die aantal gratis aandele wat aan kwalifiserende polishouers toegeken is, wissel na gelang van die soort en aantal polisse wat in in 1998 gehou is, maar die minimum toekenning was 300 aandele per polishouer.

Die trust het intussen ekstra aandele namens polishouers aangekoop met die dividende wat oor die jare uitbetaal is. Dit beteken dat ’n minimum van 75 ekstra aandele by die oorspronklike toekenning per polishouer gevoeg is.

Dié 375 aandele teen Sanlam se aandeelprys van R19,36 vandeesweek is R7 260 werd. Die aandele het sy beursdebuut in 1998 teen R6 per aandeel gemaak.

  • Hoe om jou aandele op te eis:

    Die riglyne en proses om gratis aandele op te eis, is eenvoudig.

    As jy ’n geldige Sanlam-polis tussen 31 Maart en 15 Oktober 1998 gehad het, kan jy vir gratis aandele kwalifiseer.

    As jy nog nie sulke aandele opgeëis het nie, hou jou ID-besonderhede byderhand en skakel die Trust by 0860 68 78 78 of besoek www.sanlam.co.za.

    Jy kan ook skryf aan: Die Bestuurder, Sanlam Demutualiseringstrust, Posbus 354, Sanlamhof 7532 en die verlangde identiteits?inligting en kontakbesonderhede verskaf.

    Die trust sal bevestig of gratis aandele wel aan jou toegeken is en, indien wel, jou adviseer oor die proses om die aandele te bekom.

    Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  •   Soek in Geldsake
     
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP

    Entrepreneursake
      82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
      Van klaas tot haar eie baas
      Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd

    Beeld
      Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
      Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
      Man skiet glo buurvrou uit jaloesie

    Volksblad
      Ster op snelweg beroof
      Rooi kaarte: Spelers tegemoetgekom
      Man skiet glo buurvrou uit jaloesie



    Terug na bo
    Adverteer by ons | E-pos ons