Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Jou skuld bly jou skuld, al het vyf jaar verstryk
12/05/2008 07:29  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Liana Mocke


Baie verbruikers verkeer onder die wanindruk dat jy van jou skuld ontslae is ná vyf jaar verstryk het nadat jou slegte skuldgewoontes jou op ’n swartlys van ’n kredietburo laat verskyn het.

Dit is ongelukkig nie so maklik nie. Hoewel jou naam dan nie meer op die lys pryk nie, beteken dit geensins dat jy ongeskonde daaruit tree nie. Jy is steeds verantwoordelik vir daardie skuld, wat boonop met rente groei!

Een so ’n voorbeeld is van Verbruiker X, wat sewe jaar gelede gelys is nadat ’n kredietgewer ’n hofuitspraak teen haar gekry het.

Verlede jaar het sy besluit om ’n skoon blaadjie om te slaan en haar begroting in orde te kry, haar finansies beter te bestuur, te spaar en deeglike beplanning te doen voor sy weer skuld aangaan.

Teen verlede jaar het daar dan ook reeds meer as vyf jaar verstryk sedert sy gelys is en is haar slegte skuld van haar rekord by die kredietburo afgehaal. Sy het egter nooit in die tyd met die kredietgewer ooreengekom om die skuld af te betaal nie.

Tot haar groot verbasing en skok ontvang Verbruiker X ’n oproep van ’n prokureur. Die prokureur het opgetree vir die kredietgewer aan wie sy geld geskuld het vir haar verband. Sy het gedink haar skuld word ook afgeskryf sodra sy nie meer op die swartlys is nie. Dus skuld sy die kredietgewer nie meer geld nie.

Ongelukkig deel baie verbruikers hierdie persepsie en daarom sê die ombudsman vir kredietinligting, mnr. Manie van Schalkwyk, is dit nodig dat verbruikers verstaan wat gebeur met hul skuld wanneer hulle op die swartlys verskyn en na vyf jaar daarvan afgehaal word.

“Ons weet almal dat ’n hofuitspraak ‘n hofbevel is, maar die implikasies daarvan strek langer as die tydperk van vyf jaar by ’n kredietburo. Wanneer die landdros die hofuitspraak teken, kry die kredietgewer sekere regte oor die skuld waaroor die uitspraak handel, verduidelik hy.

Dié bevel gee die kredietgewer ’n tydperk van 30 jaar om die geld wat verskuldig is, terug te kry. Die kredietgewer kry ook die reg om alle beskikbare wetlike maniere te gebruik om die geld terug te kry, onder meer om ’n deel van die skuldenaar se salaris te gebruik om die skuld te delg.

Daarom, stel Van Schalkwyk voor, is dit nodig dat iemand wat geld skuld, met sy kredietgewer onderhandel oor terugbetalings, selfs vir rekeninge op die swartlys, omdat die rekeninge rente ophoop en net meer word.

Kontak die ombudsman vir hulp by telefoonnommer 0860 66 2837, ombud@creditombud.org.za of www.creditombud.org.za.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
  Van klaas tot haar eie baas
  Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons