Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Ál meer van SA na Australië
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Infasering kry geld ook veilig in mark
12/05/2008 07:29  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Liana Mocke


’n Belegger het twee keuses wanneer hy in die aandelemark belê – ’n eenmalige bedrag of om geld in gelyke hoeveelhede oor ’n vasgestelde tydperk in te faseer.

’n Belegging in fases beteken dat gelyke bedrae aan die begin van ’n kalendermaand gedurende die infaseringstydperk belê word. Geld wat nie belê word nie, kan rente teen ’n geldmarkkoers verdien.

Wanneer jy die bedrag egter eenmalig belê, beteken dit al jou geld is op een slag blootgestel aan die aandelemark.

Die hoofrede hoekom ’n infaseringsbenadering so gewild is, is dat die potensiaal van verliese op kort termyn laer is.

Die voordeel van infasering is boonop juis dat dit op die oog af minder risiko inhou.

As die markte val of sywaarts beweeg, het jy net ’n klein deel van die mark gekoop en nie ’n volle deel op een slag nie.

Mnr. Mark Lapedus van Alexander Forbes sê markte styg oor die algemeen op langer termyn. “Hoe vinniger jy by die mark inkom, hoe beter, maar die probleem is dat markte natuurlik ook wisselvallig is.”

Daarom, sê Lapedus, is infasering gewoonlik die pad om te loop vir die konserwatiewer belegger wat nie te veel risiko wil loop nie.

“Tans is die markte wisselvallig en die verskil tussen verhandelingsdae kan tot tussen 3% en 4% wees. Om dié rede sal dit die beste opsie wees om jou geld oor ses maande in te faseer ten einde risiko te verminder.”

Die voordeel van ’n eenmalige belegging is as die markte goed vaar en byvoorbeeld oor ses maande met 10% groei, die belegger die volle voordeel van die 10%-groei sal ervaar.

Beleggers is gewoonlik ongemakliker wanneer hulle ly as wat hulle gerusgestel word wanneer hul beleggings groei.

Mnre. Mathew de Wet en Anil Jugmohan van Nedgroup Investments sê ’n infaseringstrategie is ’n goeie voorbeeld van mense se vooroordele. “Beleggers is dan bereid om blootstelling aan sekere bateklasse prys te gee.”

Hul navorsing toon egter dat ’n infaseringsbenadering geen wesenlike voordele vir beleggers inhou nie. Vir doeleindes van die ontleding is opbrengste vergelyk tussen ’n belegger wat ’n enkelbedrag belê en een wat sy belegging in gelyke bedrae oor tyd opdeel.

Maandelikse data van 1960 tot op hede is gebruik.

Oor wisselende infaseringstydperke (drie, ses en 12 maande) is bereken of ’n belegger beter daaraan toe sou wees met ’n portefeulje waarvan die beleggings ingefaseer of as ’n enkelbedrag belê is.

Oor drie maande het die vertoning van die ingefaseerde portefeulje die enkelbedragportefeulje met 42% oortref. Die waarskynlikheid dat die ingefaseerde portefeulje ’n beter opbrengs as die enkelbedragbelegging sal oplewer, neem af namate die infaseringstydperk van drie tot 12?maande toeneem.

“In al die gevalle is die gemiddelde opbrengs van die enkelbedrag hoër as die belegging in fases.”

Hulle sê infasering is ’n strategie wat risiko verminder en die navorsing toon dat op ’n risiko-aangepaste grondslag op langer termyn daar min onderskeid is tussen ’n belegging in fases en ’n enkelbedrag-benadering.

“Vir ’n mens wat in aandele wil belê, sal ’n infaseringsbenadering bloot net die waarskynlike risiko en ooreenkomstige opbrengs van die belegging oor die tydperk van infasering verminder.”

Al hou albei voordele oor sekere tydperke in, sal beleggers hulle eers goed moet vergewis van hul eie doelwitte en aptyt vir risiko voordat die besluit geneem word.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  Kry liewer kundige hulp met die opstel van ’n kontrak
  Finaliste aangewys in die soektog na Vrou van Jaar
  Gauteng steun township-sake



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons