Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
'Krugerpark was my huis; waarheen nou?'
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Obama draws 200 000 in Berlin
Robbed singer 'prayed out loud'
Steyn has fractured thumb
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Raak voor jou aftrede van huis- en motorskuld ontslae
12/05/2008 07:29  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Marius Kruger


Skuld is die grootste vreter van aftreegeld.

Bitter min mense is in die gelukkige posisie om nie van hul kapitaal vir aftrede hoef af te staan aan skuld nie. Byna sonder uitsondering eindig pensioenarisse gewoonlik op met huis- of motorskuld wanneer dit by beplanning vir aftrede kom.

Indien ’n mens R600 000 uit jou aftree-pakket of pensioen neem om skuld te delg, ontneem jy jouself van R3 000 per maand, tesame met die kapitaal wat later beskikbaar kan wees.

Om hierdie probleem te oorkom, verg goeie en tydige beplanning.

Die grootste skuldlas is gewoonlik ’n huisverband. Indien ’n persoon vroeg genoeg begin beplan vir aftrede en, byvoorbeeld, op 60 wil aftree, moet hy poog om sy verband voor ouderdom 60 af te los. Dit beteken dat jy al op 43 jaar meer kapitaal per maand moet delg om jou in staat te stel om jou verband binne 17 jaar in plaas van 20 jaar af te betaal. Dit verg dan ook dissipline om nie enige kapitaal uit jou verband te onttrek nie.

Dan moet jy ook rakende jou motor beplan.

Die beste is om ’n motor te hê wat afbetaal is en minstens vir vyf jaar ná aftrede kan hou. Beplan dan vir kontantvloei wat voorsiening maak vir ’n motor elke vyf jaar. Hiervoor moet die inruilwaarde van die nuwe motor afgetrek word, maar inflasie in ag geneem word.

Indien jy ’n maatskappymotor het met ’n opsie om dit by aftrede te koop, moet ’n mens probeer om ’n fonds op te bou wat die uitstaande balans sal dek. Onthou dat jy ná aftrede self vir die motor se dienste moet betaal.

Doen gerus navorsing oor verskillende vervaardigers se dienskoste en onderdele voordat jy jou motorsubsidie begin bestee. Oosterse motors is gewoonlik goedkoper om te onderhou as Duitse of Franse motors.

Die derde groot uitgawe is vir mediese sorg. Maak seker dat jy weet wat ná aftrede met jou mediese versekering gaan gebeur. Indien jou werkgewer ’n enkelbedrag aanbied om van hulle verpligting teenoor jou ontslae te raak, moet jy ’n kontantvloei-ontleding laat doen om te sien of die bedrag jou premie met mediese inflasie vir 30 jaar kan finansier.

Onthou dat mediese inflasie gewoonlik hoër is as gewone inflasie en dat jy by aftrede waarskynlik ’n goedkoper opsie sal moet oorweeg.

’n Mens wil graag volledige dekking vir hospitalisasie en chroniese toestande hê. Die daaglikste koste word in elk geval nie deur die meeste fondse gedek nie.

Terwyl die versoeking groot is, moet daar liewer nie van al die kredietaanbiedinge van die banke en winkels gebruik gemaak word nie.

Indien jy geen rente hoef te betaal op kredietkaarte nie, kan jy selfs een of twee keer per maand uiteet. Onthou dat kredietkaarte se rente van die hoogste is van alle geriewe wat banke aanbied.

Die belangrikste beginsel is egter om vroegtydig vir jou aftrede te begin beplan en al die faktore in ag te neem wat jou skuldvlakke kan beïnvloed.

Leef gedissiplineerd voor jou aftrede en jy sal jouself daarna kan beloon.

  • Marius Kruger is ’n finan?siële beplanner by PSG Konsult.

    Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



  • Entrepreneursake
      Kry liewer kundige hulp met die opstel van ’n kontrak
      Finaliste aangewys in die soektog na Vrou van Jaar
      Gauteng steun township-sake



    Terug na bo
    Adverteer by ons | E-pos ons