Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Investors angry with Sasol
More pain for platinum stocks
Mboweni pay hike 'appalling'
Beeld
Nóg 'n Beijing-blaps
Man huil toe hy vrou se brief voorlees
Australiër verdwyn in Johannesburg met pa se verjaardag
Volksblad
Bok-skouspel in BFN
Kuierfees blom weer
Springer val seer
News24
Jhb cops arrest 238
'I won't help a victim again'
Paralympic Games begin
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Sjaria-mark kan met tot 20% p.j. groei
23/06/2008 08:48  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Visser,


Beleggingsprodukte wat aan die Islamitiese Sjaria-wette voldoen, groei só sterk dat die JSE nou ook ingespring het om dit vir fondsbestuurders makliker te maak om fondse saam te stel.

Die mark vir Islamitiese beleggingsprodukte sal na raming met tussen 15% en 20% per jaar groei en teen 2010 op $53,8 miljard staan, sê die JSE.

“Ons wil dit vir gewone mense moontlik maak om in kleinhandelprodukte te belê wat aan Sjaria-wette voldoen,” sê me. Ana Forssman, senior bestuurder van die JSE.

Gevolglik is die JSE besig om in samewerking met Yasaar Re?search, wat in Doebai gesetel is, na die JSE se top-40-indeks te kyk en dié aandele te identifiseer wat aan Sjaria voldoen.

Daar is drie belangrike oorwegings wat bepaal of ’n aandeel voldoen aan Sjaria. Die eerste is Riba, wat bepaal dat ’n mens nie geld mag verhandel om ’n wins te maak nie. Die tweede is Ghara, wat met onsekerheid of risiko te doen het. Ingevolge Sjaria moet daar deursigtigheid en openbaarmaking in alle kontrakte wees. Die derde is Haram, oftewel onreinheid, wat na sekere aktiwiteite, voedsel, drank en kommoditeite verwys wat verbode is.

Die gevolg is dat onder meer die meeste banke, tabakmaatskappye, dobbelhuise en vervaardigers van alkohol uit die beleggingsopsie gesluit moet word. Selfs maatskappye wat swaar op hefboomfinansiering steun, sal nie in die beleggingsportefeulje ingesluit word nie.

Die JSE sal van die einde van September die beleggingsbesluit vir Islamitiese beleggers baie makliker maak deur die bekendstelling van ’n Sjaria-top-40-indeks.

“Daarby is die JSE in samesprekings met ’n ander party om ’n beursverhandelde fonds bekend te stel,” sê Forssman. “Die beursverhandelde fonds sal nie onder die Satrix-handelsmerk verhandel nie.”

Een van die JSE se oogmerke met dié indeks en fonds is om ’n wegspringplek vir buitelandse beleggers te bied. “Ons wil graag sien of ons nie belangstelling vanuit die Midde-Ooste kan trek nie,” sê sy. “Dis ’n reuse-mark. Aandelebeurse in die Midde-Ooste soek na Sjaria-nakomingsprodukte en die beursverhandelde fonds sal een wees waarna hulle kan kyk.”

Forssman sluit nie die moontlikheid uit dat die JSE ook na sektor-spesifieke indekse kan kyk wat aan Sjaria voldoen nie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
  Van klaas tot haar eie baas
  Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons