Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Massive rally on Wall Street
PSG: Up 34% - or down 84%?
Labour woes close uranium mine
Beeld
ANC skors Lekota
Hy hoef homself nie te verdedig, sê Luke
Man sterf toe bul hom skop
Volksblad
Rooibokram spring vroue-fietsryer onderstebo
Meisie (18) van Bfn sterf ná botsing teen boom
Bekende omroeper sterf in ongeluk
News24
Luke won't defend himself
Pupils: We didn't mean any harm
Cop thought victim would die
Gister se gewildste Artikels
Dis nou jóú beurt om beurtkrag toe te pas, sê Eskom
‘Klaers kan nou hul sterre dank’
Groot gevare skuil in ANC-skeuring
Wêreldleiers werk saam aan krisis-plan
Beleggers is opgewonde oor Reinet
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Beskerm jou onderneming soos wat die renoster in sy gebied doen
12/07/2008 01:48  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Hierdie saggeaarde reus is een van die Groot Vyf, weeg tot 2 300 kg en is die naasgrootste landsoogdier ná die olifant.

Die renoster oorleef reeds vir miljoene jare ten spyte daarvan dat dit voortdurend gejag word. Kom ons leer by hierdie uitsonderlike dier wat so gebiedsbewus is.

Het jy al ooit gewonder hoekom sommige ondernemings geslagte lank oorleef, terwyl ander slegs vir twee of drie dekades die mas opkom? Baie ondernemings wat langer as ’n eeu bestaan, is in die hande van families. Só byvoorbeeld is die Japanse Kongo Gumi, wat in 578 gestig is, die oudste familieonderneming ter wêreld.

In Suid-Afrika is die oudste familieonderneming Boplaas, wat in 1743 tot stand gekom het. Ou Mutual, daarenteen, is nie ’n familieonderneming nie, hoewel dit reeds 163 jaar lank bestaan.

Die renoster kon so lank oorleef danksy sy vermoë om by ’n veranderende omgewing aan te pas. Dieselfde geld ondernemings wat die toets van die tyd deurstaan het – hulle kon by ’n veranderende wêreld en sakelandskap aanpas. Die renoster is bekend vir sy uitsonderlike territoriale gedrag en word glo humeurig as hy gepla word. Verstaan jy jou sakeomgewing en het jy ’n strategie om die aanslae van mededingers in jou markgebied die hoof te bied? Moenie groter mededinging ignoreer wat jou markgebied kan bedreig nie en wees gereed om jou onderneming daarteen te beskerm.

Mense jag renosters om vinnig geld te maak uit die winsgewende horings en het sodoende ’n groot deel van die renosterbevolking uitgeroei. Die markwaarde van ’n renosterhoring is klaarblyklik groter as die res van hierdie massiewe dier. Weet jy watter deel van jou onderneming deur jou mededingers geteiken kan word? Verstaan jy jou onderskeie kontantstrome en weet jy wat die mees winsgewende deel van jou onderneming is? Identifiseer jou mees winsgewende kontantstrome en beskerm jou markaandeel, net soos wat die renoster sy gebied beskerm.

Om jou natuurlike vyande te ken en om ’n dienooreenkomstige sakestrategie te ontwikkel is krities vir enige onderneming. In vandag se steeds veranderende landskap binne die globale ekonomie is kennis van jou “onnatuurlike vyande”, oftewel mededinging van buite jou bedryf, egter ook belangrik. Hulle kan jou dalk nader met “wapens” wat vir jou onbekend is, net soos wat ’n ongewapende persoon nie ’n bedreiging vir ’n renoster inhou nie, maar iemand met ’n kragtige vuurwapen hierdie sterk dier kan doodskiet.

’n Voorbeeld van mededinging wat in die verlede miskien onwaarskynlik of onnatuurlik gelyk het, is die uitwerking van die internet op video- en DVD-verhuringswinkels. Hierdie ontwikkeling het reeds ’n invloed op dié sakesektor deurdat mense toenemend flieks van die internet aflaai.

Wanneer die aflaaikoste van flieks vanaf die internet laer word as die koste om dit te huur, sal die vraag na laasgenoemde begin daal. Deesdae koppel mense ook hul rekenaars aan hul televisieskerms sodat die vraag na gehuurde DVD-films afneem.

Die les vir sakelui is om voorbereid te wees om hul markgebied te beskerm, maar ook buigsaam genoeg om hul markgebied aan te pas namate markkragte verander.

Vir meer inligting kan ’n e-pos gestuur word na adiederichs@oldmutual.com.

  • Diederichs is Ou Mutual se KMMO-spesialis.

    >> Wat is die mees winsgewende deel van jou onderneming?

    Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



  • Entrepreneursake
      82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
      Van klaas tot haar eie baas
      Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd



    Terug na bo
    Adverteer by ons | E-pos ons