Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Onkundige beleggers uitgebuit
28/09/2008 11:26  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die beleggingsbedryf teer deels op die onkunde van die belegger, sê mnr. Darron West van Foord Batebestuur.

Dit is hoekom die bedryf deurspek is met ingewikkelde produkte waar buitensporige koste gehef word. “Om nie te praat van die verwarrende menings, oorweldigende keuse en oordrewe vlakke van tussengangers waarmee beleggers gebombardeer word.”

Om dit teen te werk, is West se raad aan beleggers die volgende:

) Om te belê is nie om oornag ryk te word nie

Hoewel sommige mense jou om die braaivleisvuur sal probeer beïndruk met die omvang van hul oornagsukses op die pad na rykdom, is dié stories dikwels net warm wind. As jy só ryk geword het, was dit heel waarskynlik die gevolg van spekulasie en nie ’n belegging nie.

Spekulasie is ’n gevaarlike ding. Dit kan goed eindig, soos wanneer jy die Lotto wen. Maar onthou, vir elke wenner is daar ’n verloorder.

Om te belê is om ’n doelwit te hê. Dit is ’n proses waar geduld aan die dag gelê moet word.

) Om te belê is om risiko te verstaan en jou vermoë om dit te kan hanteer

Risiko is die kans dat jy nie jou opbrengsdoelwit sal haal nie. Daarmee saam gaan die permanente verlies van welvaart.

Beleggingsopbrengste moet ten minste oor jou gekose beleggingstermyn nie laer wees as waarmee jy begin het nie. Negatiewe opbrengste beteken ’n verlies aan welvaart.

Dit beteken nie dat jy op kort termyn dalings sal ondervind nie. Dit is normaal met enige belegging. Maar dit beteken dat jy nie oor vyf jaar – as dit jou doelwit is – ’n laer opbrengs moet toon nie.

Een van die maniere om risiko te verminder, is om te diversifiseer. Dit beteken dat beleggings versprei word oor bateklasse.

) Om te belê is om voordeel te trek uit die wonder van saamgestelde opbrengste

Baie ekonome het al verwys na saamgestelde opbrengste as een van die wonders van die wêreld. Dit werk, kortliks, so dat jy ’n opbrengs op ’n opbrengs verdien wat oor tyd verder groei.

Gestel jy het R100 belê en kry R10 se rente (10%). Die volgende jaar kry jy rente op R110 en nie meer op R100 nie, wat beteken die rente is ekstra kapitaal wat toeneem. Maar as jy gedurigdeur jou belegging verander, gebeur twee dinge.

Eerstens kan jy jou tydsberekening in die mark verkeerd kry, soos om in hulpbronaandele te belê wanneer hulle op ’n hoogtepunt is.

Tweedens beteken ’n rondspringery dat jy elke keer koste opdok wat oor tyd ’n wesenlike negatiewe uitwerking kan hê.

) Wanneer jy belê, gaan dit oor vaardigheid en vasbyt

Al is jy die beste markontleder ter wêreld, sal dit steeds nodig wees om dít uit te voer waarin jy glo. Sommige kry dit oor tyd reg, maar daar is min batebestuurders wat werklik kan sê hulle was oor tyd konsekwent reg. Wat jy moet soek, is daardie bestuurders wat oor tyd die beste gemiddelde opbrengste lewer en nie dié wat oor ’n jaar of kwartaal die beste vaar nie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  Kragnood is DFR Engineers se brood
  Kleinsake se omset-taks werk só
  Baie Oos-Randse sakelui ‘begryp nie SEB, is negatief daaroor’



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons