Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
    Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Annan, Carter refused entry into Zimbabwe
IEC considers expat vote request
Private school for Malia, Sasha
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : ALGEMENE GELDSAKE : STORIE
 
Fondsbestuurder kry oorveeg by beregter
28/09/2008 11:26  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Liana Mocke,


Die pensioenfondsberegter, me. Mamodupi Mohlala, het in ’n onlangse beslissing vir die eerste keer in haar uitspraak ’n regskostebevel gegee.

Die kostebevel is onder meer gegee omdat die fondsadministrateur in die spesifieke klag sy eie ondersoeke swak gehanteer het en nie aan die klaer ’n kans gegun het om sy kant van die saak te stel nie.

Dié optrede deur die administrateur en fonds het daartoe gelei dat die klaer regskoste moes aangaan om sy kant van die saak by die pensioenfondsberegter te stel.

Mohlala het in haar uitspraak gesê die gesag om kostebevele te gee, is nog nie voorheen gebruik nie. “Hierdie geval bied ’n welkome geleentheid om hieroor te besluit en riglyne neer te lê vir die toekoms.”

Sy het bygevoeg die klag was van so ’n komplekse aard dat, indien die klaer nie regsadvies ingewin het nie, die klag moontlik nie ordentlik voorgelê sou kon word nie. Daarom is die kostebevel gegee en is die pensioenfondsadministrateur aangesê om alle redelike regskoste wat die klaer moes aangaan, te dek.

Die klaer was tussen Junie 2002 en Maart 2004 by ’n spesifieke werkgewer in diens en het ook tot die werkgewer se uittree-annuïteitfonds behoort, hoewel hy nie voldoen het aan die vereistes om lid te word van dié fonds nie.

Hy en sy werkgewer het egter ’n ooreenkoms aangegaan waarvolgens die werkgewer ’n sekere bedrag van sy salaris sou aftrek en dit sou dien as sy bydrae tot die fonds. Die bedrag sou dan weer maandeliks per debietorder van die werkgewer se rekening aan die fonds oorbetaal word.

Volgens die dokumente voor die beregter het die klaer self die debietorder namens sy werk?gewer onderteken omdat hy in ’n finansiëlebestuurspos by die maatskappy was.

In die bykans 10 maande nadat die klaer afgedank is, is die maandelikse bedrae steeds per debietorder van die werkgewer se rekening afgetrek en aan die fonds betaal.

In Januarie 2005 het die werk?gewer die fout opgemerk en versoek dat die administrateur nie net die 10 maande se totale bedrag nie, maar ook die somtotaal van die bydraes wat tydens die klaer se indiensnemingstydperk betaal is, terugbetaal.

Die administrateur het dit gedoen. Die terugbetaling van die bydraes het tot gevolg gehad dat die klaer se lidmaatskap gestaak is en die onderliggende versekeringspolis vanaf die intreedatum daarvan verval het.

Nadat die fondsadministrateur in sy verweer kapsie gemaak het teen die klaer se gesag om die debietorder self te kon onderteken, het die beregter hiermee verskil. “Dit is duidelik uit die omstandighede dat die administrateur se verweer dat geen bydraes wat gemaak is, gemagtig was nie en daarom geregverdig het dat die polis verval het, nie moontlik kan wees nie en selfs grens aan vergesog,” het die beregter beslis.

In haar uitspraak het sy gesê deur die polis te laat verval, het die administrateur verkeerd en onwettig opgetree en die klaer het verliese gely.

Daarom het sy bevind die klaer het die reg om in dieselfde posisie geplaas te word waarin hy sou gewees het as die polis nie verval het nie. Die administrateur en fonds moet ook hierop rente betaal. Die fonds en die administrateur is daarom aangesê om hierdie beslissing uit te voer en die kostebevel binne 30 dae van die beslissing af te handel.

) Lees die volledige uitspraak op die webwerf van die beregter by www.pfa.org.za.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
  Van klaas tot haar eie baas
  Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons