Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
    Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Ál meer van SA na Australië
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : BELASTING : STORIE
 
Belastingtoegewings vir individue tog voordelig
25/02/2008 08:26  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Liana Mocke


Mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, het vanjaar in sy begroting matige belastingverligting vir individue aangekondig. Vir die aftree- en kollektiewe-beleggingsbedryf was daar meer goeie nuus.

Die aangepaste belasting op inkomste uit rente en dividende is positief vir beleggers se persoonlike portefeuljes.

Wat belastingvrystelling op rente- en dividendinkomste betref, is die drempel verhoog van R18 000 tot R19 000 vir mense jonger as 65. Vir diegene ouer as 65 is dit van R26 000 tot R27 500 verhoog. Die belastingvrystelling op buitelandse dividende is aangepas tot R3 200 per jaar.

Mnr. Rod Stevenson, senior regsadviseur by Ou Mutual, sê dié toename moet mense aanspoor om meer vir hul aftrede voorsiening te maak.

Met die nuwe verhogings sal ’n persoon van jonger as 65 met sowat R211 111 se beleggings in ’n geldmarkrekening wat 9% per jaar verdien, belasting vryspring mits geen ander rente-inkomste verdien word nie.

Vir diegene ouer as 65 beteken dit ’n belegging van tot R300 000 volkome belastingvry.

Manuel het vanjaar weer die belastingvrye gedeelte van bydraes tot mediese fondse opgestoot om voorsiening te maak vir inflasie. Die bydrae is verhoog van R530 tot R570 (7,6%) vir elk van die eerste twee fondslede en van R320 tot R345 (7,8%) vir elke bykomende lid.

Mnr. Craig Aitchison, hoof van Ou Mutual Konsultante en Aktuarisse, sê die oorskakeling van sekondêre belasting op maatskappye (SBM) na ’n aandeelhouersbelasting is positief vir aftreefondse.

Hy sê wel die impak sal sekerlik nie so groot wees op aftreefondse se inkomste soos verlede jaar se aankondiging dat aftreefondsbelasting geskrap word nie.

SBM is die belasting wat maatskappye betaal op die dividende wat hulle verklaar.

Die voorstel is nou dat SBM verdwyn en dat aandeelhouers die belasting op dividende betaal. Dit sal in 2009 van krag word.

“Die nuwe belastingstelsel sal goed wees vir lede van aftreefondse as gevolg van die belastingvrye aard van sulke fondse,” sê hy. “Algemene beleggers behoort nie hierdeur geraak te word nie, maar aftreefondse sal wel bevoordeel word omdat hulle dan vrygestel word van belasting.”

Dit beteken die potensiaal om groter dividende te verdien op die aandelebeleggings van aftreefondse.

Die stap gee lede van aftreefondse ook meer rede om te hou by hul aandeleblootstelling ten spyte van korttermyn-wisselvalligheid, sê hy.

Verlede jaar was die belasting betaalbaar op egskeidingsvoordele gereeld in die nuus ná veranderinge aan die belasting- en pensioenfondswet en uitsprake van die pensioenfondsberegter.

Dit is nou moontlik vir die eggenoot wat skei en nie lid is van die pensioenfonds nie om dadelik sy of haar deel van die geskeide eggenoot (wat lid is van die fonds) se voordeel te ontvang. In die verlede moes die nie-lid wag totdat die geskeide eggenoot uit die pensioenfonds tree.

Dit was ná die wetsveranderinge nie duidelik watter een van die geskeide eggenote die belasting sal moet betaal van die nie-lid se voordeel nie.

“Die voorstel was dat die belasting op so ’n vroeë uitbetaling aan die nie-lid die verantwoordelikheid van die lid van die fonds is,” sê Aitchison. “Maar ná vanjaar se begrotingsrede lyk dit of die voorstel eerder is dat die nie-lid in die toekoms die belasting op sy/haar voordeel sal moet betaal, wat ook meer regverdig is.”

Verlede jaar is die benadering tot belasting op aftreevoordele vereenvoudig en vanjaar gaan soortgelyke voorstelle volgens die minister ook gedoen word vir belasting op ander onttrekkings uit aftreefondse.

Van 1 Oktober 2007 word ’n eenvoudiger formule gebruik om die belasting te bereken wat betaalbaar is op aftreevoordele. Dit beteken die aantal jare van lidmaatskap van die fonds en die gemiddelde belastingkoers oor vyf jaar word nie meer gebruik om sy belastingvrye deel van die voordeel te bereken nie.

Nog goeie nuus vir beleggers is die aankondiging dat valutabeheer verder verslap gaan word. Die valutabeheer op institusionele beleggers gaan onder meer afgeskaf en vervang word deur ’n stelsel van omsigtigheidsregulering.

Hoewel baie gewens het valutabeheer word in geheel afgeskaf, maak die verdere verslapping dit vir plaaslike beleggers nou moontlik om meer bates oorsee te belê.

Mnr. Jeremy Gardiner, direkteur van Investec Batebestuur, sê Suid-Afrikaners het nou uiteindelik ’n realistiese geleentheid om ’n betekenisvol deel van hul beleggings in die buiteland te plaas. Dit skep geleenthede en risiko’s, veral met die keuse van ’n batebestuurder.

“Met die perk op 15% was dit minder relevant wie die bestuurder was.” Nou is die belangrik om te vra waar die bestuurder gesetel is en wat die omvang van die bates onder bestuur is. “Prestasie word al hoe meer ’n faktor,” het hy beklemtoon.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  Kry liewer kundige hulp met die opstel van ’n kontrak
  Finaliste aangewys in die soektog na Vrou van Jaar
  Gauteng steun township-sake



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons