Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
    Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Zuma geskok deur wit armoede
Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
More blacks consider emigration
Zuma: Race doesn't rule poverty
'Somebody ignited the match'
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : EFFEKTETRUSTS : STORIE
 
Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
17/03/2008 08:19  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner


Die aanbevelings van die nasionale tesourie, naamlik dat aanvangskommissie op lewenspolisse en aftreeannuïteite drasties verminder word, het opnuut die fokus laat val op aanvangsheffings by effektetrusts.

Soos by lewenspolisse is daar ook ’n aanvangsbetaling wanneer in ’n effektetrust belê word, met dié verskil dat die heffing na die batebestuursmaatskappy en nie die finansiële adviseur nie gaan.

Die effektetrustbedryf het reeds ’n lang pad geloop om aanvangskoste te vervang deur deurlopende prestasie- en administratiewe heffings in plaas van ’n aanvangsheffing. Die totale kosteverhouding (TKV) gee ’n duideliker beeld van die koste wat ’n belegger oor die leeftyd van sy belegging sal moet betaal.

Die TKV van fondse is op die vereniging van kollektiewe beleggings (ACI) se webruimte beskikbaar.

Heelwat batebestuurders gebruik nog ’n aanvangsheffing in hul produkte. Dit behels gewoonlik 5,7% vir toegang tot ’n beleggingsfonds met die jaarlikse administratiewe heffing, gewoonlik 1,71%, wat daarby betaalbaar is.

Sommige fondsbestuurders, soos Allan Gray en Foord Batebestuur, het heeltemal met die aanvangsheffing weggedoen. ’n TKV word aan beleggers verskaf asook ’n uiteensetting van die jaarlikse bestuursheffing wat op ’n prestasiegrondslag gehef word. In Allan Gray se geval wissel dit tussen 1,5% en 3% met ’n perk op ’n prestasieheffing wat ook gestel word. Dit beteken dat die batebestuurder nie onbeperkte beloning sal ontvang nie as die fonds sy vergelykingstandaarde oortref.

In die geval van Foord se algemene fonds geld die jaarlikse administratiewe heffing van 1,71%.

Mnr. Paul Cluer, besturende direkteur van Foord Batebestuur, sê prestasiegebaseerde heffings is ’n billike alternatief vir aanvangsheffings. “Fondse met geen aanvangsheffings nie, het meer geld om van die eerste dag namens die belegger aan die mark bloot te stel.”

Dit ly min twyfel dat aanvangsheffing van 5,7% ’n nadelige uitwerking op opbrengste kan hê.

In Foord se geval het ’n belegging van R500 000 van 1990 tot 2006 jaarliks met 23,8% gegroei om ’n opbrengs van R24,049 miljoen te realiseer.

“Maar ’n aanvangsheffing sou ’n belegger ’n verstommende R1,9 miljoen oor die tyd gekos het,” sê Cluer.

Hy sê dit is nie waar dit ’n prestasieheffing vir ’n bestuurder ’n maklike manier is om geld te maak nie. “Inteendeel, met ’n prestasieheffing moet ’n bestuurder harder werk vir bykomende heffings om so ’n spesifieke opbrengs (alpha) hoër as die standaard te behaal.”

Kritiek is reeds gelewer dat prestasieheffings sonder aanvangskommissie dikwels hoër as aanvanklike koste of die TKV is.

In Absa se algemene fonds is die TKV 1,68% met ’n aanvangsheffing van 5,7%. Allan Gray se algemene fonds het nie ’n aanvangsheffing nie, maar die TKV word as 3,56% aangegee.

Dit blyk ’n prestasieheffing het soms ’n groot deel van die aanvanklike heffing van 5,7% vervang. Dit beteken nie noodwendig minder waarde nie omdat Allan Gray hom bewys het as ’n toppresteerder oor tyd. Cluer raai beleggers aan om na die TKV te kyk omdat dit die koste-uitgawes in enige effektetrust in die praktyk weergee. Bestuurders moet nou die prestasiekomponent apart bekend maak wanneer koste gemeld word.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Geldsake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Entrepreneursake
  82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
  Van klaas tot haar eie baas
  Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd

Beeld
  Zuma geskok deur wit armoede
  Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
  Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig

Volksblad
  Skokvideo: Meisie in gr. 8
  Hof moet hoor of man pedofiel is
  Knap jou huis op met nuwe kompetisie



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons