Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
    Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Worst week ever on Wall St
JSE 'bottoming out'
SA at risk, warns IMF
Beeld
Klofie-foto's was 'banaal'
Rowers skiet ma van twee dood ná biduur
Skurke jaag met motor uit handelaar
Volksblad
Cheetaahs!
Carike in botsing in Karoo
Porno op foon skok vrou
News24
NKorea removed from terror list
Sharks make Currie Cup final
Lekota: Defend our constitution
Gister se gewildste Artikels
Markte val in paniek
SA op Brittanje se lys van top-beleggingslande
Kliphuis in Pretoria is beste in land
Vodafone soek nóg mag in selfoonryk
JSE leef swaar
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : EFFEKTETRUSTS : STORIE
 
Kleinhandel-effekte moedig spaar aan
31/05/2008 08:05  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die nasionale tesourie het op 24 Mei 2004 klein handel-staatseffekte aan die publiek bekend gestel in ’n poging om Suid-Afrikaners aan te moedig om te spaar.

Suid-Afrikaners se spaarvlakke bly laag vergeleke met dié van verskeie ander lande.

“Om deurlopend ekonomiese groei van 6% op lang termyn te kan handhaaf, sal Suid-Afrika die spaarvlakke van veral individue drasties moet verhoog,” sê mnr. André Pillay, hoofdirekteur van lastebestuur van die nasionale tesourie.

Finansiële instellings het kennis geneem van die bekendstelling van Suid-Afrika se kleinhandel-staatseffekte.

Sommige het soortgelyke spaarprodukte bekend gestel en ander het produkte met dieselfde bepalings en voorwaardes uitgereik.

“Faktore wat spaar ontmoedig – byvoorbeeld hoë koste, swak dienslewering, hoërisiko-beleggings, swak opbrengste en ingewikkelde beleggingsprodukte – kry deesdae baie aandag. Die spaaromgewing in Suid-Afrika het wel ietwat verbeter, maar meer werk sal gedoen moet word om ’n spaarkultuur te vestig,” sê hy.

Die nasionale tesourie bied twee soorte spaarprodukte:

) Kleinhandel-effekte, waar die belegging teen ’n vaste rentekoers oor twee, drie of vyf jaar gedoen word.

) Inflasiegekoppelde kleinhandel-effekte, waar die belegging oor drie, vyf of tien jaar gedoen word.

Die kleinhandel-spaareffekte wat teen ’n vaste koers belê word, bied aan beleggers ’n vaste rentekoers van die datum waarop die belegging gedoen is tot aan die einde van die beleggingstermyn. Die rentekoerse word op ’n maandelikse grondslag vasgestel, wat dan die volle termyn van die belegging geld.

Die belegger het ’n keuse: die rente wat hy op sy belegging verdien kan óf elke ses maande aan hom uitbetaal word, óf die rente kan gekapitaliseer word en die opgehoopte rente word dan saam met die kapitaal aan die einde van die termyn uitbetaal word.

Mense wat 60 jaar of ouer is, kan ook die opsie uitoefen dat die rente maandeliks aan hulle uitbetaal word.

Die rentekoerse vir mense wat in Junie vanjaar ’n belegging in staatseffekte doen, is soos volg vasgestel:

) Twee jaar: 10%

) Drie jaar: 10,25%

) Vyf jaar: 10,75%

Die inflasiegekoppelde kleinhandel-spaareffekte verskans beleggers teen die impak wat inflasie op hul beleggings kan hê.

Dit beteken dat as ’n belegger in inflasiegekoppelde kleinhandelspaareffekte belê, sy kapitaal sal groei teen ’n koers wat gegrond is op die verbruikersprysindeks (VPI).

Die inflasie-aangepaste kapitaal sal dan aan die einde van die termyn aan die belegger uitbetaal word.

Behalwe dat die belegger teen inflasie beskerm word, sal hy ’n reële rentekoers verdien. Die bedrag daarop sal elke ses maande op vasgestelde datums aan hom uitbetaal word.

Die reële rentekoers (die verskil tussen inflasie en nominale rentekoerse per jaar) word elke ses maande hersien vir die daaropvolgende ses maande.

“Die belegger is met ander woorde verseker daarvan dat sy belegging oor die beleggingstermyn beter sal vaar as die inflasiekoers,” sê Pillay.

Die reële rentekoers vir die tydperk 31 Mei tot 30 November vanjaar is soos volg vasgestel:

) Drie jaar – 3% betaalbaar op inflasie-aangepaste kapitaal soos op 30 November 2008.

) Vyf jaar – 2,75% betaalbaar op inflasie-aangepaste kapitaal soos op 30 November 2008.

) Tien jaar – 2,50% betaalbaar op inflasie-aangepaste kapitaal soos op 30 November 2008.

Die reële rentekoers wat ’n belegger ontvang, sal met ander woorde elke ses maande aangepas word soos wat reële rentekoerse in die finansiële markte beweeg.

Suid-Afrikaanse kleinhandel-staatseffekte word deur die staat gewaarborg.

Dit is daarom ’n baie veilige belegging.

Die staatseffekte kan gekoop word:

) Op die nasionale tesourie se webwerf (www.rsaretailbonds. gov.za);

) By enige poskantoor;

) By Pick ’n Pay-winkels landwyd;

) Deur 012 315 5888 te skakel; of

) By die nasionale tesourie se hoofkantoor, Vermeulenstraat 240, Pretoria.

Ander belangrike inligting oor die Suid-Afrikaanse kleinhandel-staatseffekte is soos volg:

) Dié beleggingsgeleentheid is beskikbaar vir alle permanente inwoners van Suid Afrika met ’n geldige ID-nommer.

) Kinders onder die ouderdom van 18 jaar mag ook belê, maar sal bygestaan moet word deur hul ouers of voogde.

) Slegs individue mag belê, nie private instellings nie.

) Die minimum bedrag wat belê mag word, is R1 000 en die maksimum per individu in ’n spesifieke produk is R1 miljoen.

) Enige betalings aan beleggers sal net gedoen word of oorgeplaas word na die belegger se eie bankrekening, met die inligting skriftelik deur hom verskaf.

) By afsterwe, ná die ontvangs van ’n geldige doodsertifikaat, sal ’n belegging in kleinhandel-staatseffekte aan die boedel uitbetaal word. Indien begunstigdes benoem is, sal die belegging regstreeks aan die begunstigdes betaal word.

Pillay sê Suid-Afrikaanse kleinhandel-staatseffekte is ’n unieke beleggingsgeleentheid wat ontwikkel is om in die behoeftes van gewone kleinbeleggers te voorsien.

“Ons nooi alle Suid-Afrikaners om aan te sluit by die groeiende aantal beleggers in kleinhandestaatseffekte en te help bou aan ’n beter toekoms vir jou en jou land,” sê hy.

Vir meer inligting, bel die hulplyn by 0 012 315 5888 op weekdae tussen 08:00 en 20:00 of Saterdae tussen 08:00 en 13:00.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Geldsake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Entrepreneursake
  Kragnood is DFR Engineers se brood
  Kleinsake se omset-taks werk só
  Baie Oos-Randse sakelui ‘begryp nie SEB, is negatief daaroor’

Beeld
  Klofie-foto's was 'banaal'
  Rowers skiet ma van twee dood ná biduur
  Skurke jaag met motor uit handelaar

Volksblad
  Cheetaahs!
  Carike in botsing in Karoo
  Porno op foon skok vrou



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons