Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
    Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Radical US plan poses big risks
Car repossession 'emergency'
SA ratings in danger
Beeld
Goue Natalie doen dit weer
Roland verbeter wêreldrekord
'Seksvideo': Peter de Villiers ‘het niks om weg te steek’
Volksblad
Natalie wen goud vir SA
Twee van SA sterf in Nieu-Seeland
Kalahari-kuierfees sluit bruisend en kleurig af
News24
Bok coach: The truth must out
Family burn to death in house
No deal; new vote - Tsvangirai
Gewildste Artikels
Eskom-finansman glo moeg gesukkel
Nóg ’n grond-wet duik in hek
PetroSA gaan in Venezuela snuffel vir swart goud
Net swaar voertuie kom nog die bult uit in tam voertuigmark
Parkeer en betáál is die wet van . . . Kaapstad
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : EFFEKTETRUSTS : STORIE
 
Sny middelman uit en kies self jou effektetrust
31/05/2008 08:05  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Om self ’n belegging in ’n effektetrust te maak, is nie so moeilik as wat die meeste mense dalk dink nie.

Dit ís moontlik om ’n adviseur of middelman uit te skakel en só groter beheer oor ’n belegging teen laer koste te hê.

Effektetrusts kom in ’n wye verskeidenheid gedaantes. Sommige het ’n aggressiewe blootstelling aan aandele en het meer risiko. Sommige diversifiseer in batesektore soos nywerhede, mynbou of goud. Ander kombineer ’n aantal bates om risiko te versprei.

Die afgelope jare het absolute of reële-inkomste-fondse na vore getree. Dié fondse poog om te alle tye ’n positiewe opbrengs vir beleggers te lewer ongeag die vlak van die mark. In tye van hoë markgroei sal die opbrengs laer wees, maar wanneer die mark in ’n beerfase is, kan opbrengs gemiddeld hoër wees. Dié week kyk ons na só ’n fonds.

Die Fonds: Allan Gray se Optimal Fund

Allan Gray het dié fonds vyf jaar gelede begin om aan beleggers wat risiko wil vermy, ’n konstante opbrengs oor tyd te lewer.

Die vergelykingstandaard wat die bestuurder van die fonds moet oortref, is die rente-opbrengs van FirstRand se daggeldkoers wat die laaste tyd tussen 9% en 11% wissel.

Wat die fonds doen

Die fonds belê in ’n reeks aandele met sy vernaamste beleggings in Anglo American, BHP Billiton, SABMiller, Richemont, MTN, Remgro en Sasol. Dié aandele lewer uitstekende kapitaalgroei oor tyd, maar kan wisselvallig wees vir ’n belegger wat risiko-sku is.

Daarom verskans die fonds dié beleggings in die termynkontrakte of afgeleide instrumente wat risiko verminder. Wat dit beteken, is dat ’n finan?siële transaksie aangegaan word waarin ’n party onderneem om ’n aandeel oor ’n sekere tydperk te koop of te verkoop.

Die fonds is daarom ideaal vir afgetredenes of diegene wat op die vooraand van aftrede staan. Dit is minder gepas vir diegene wat groter kapitaalgroei op hul belegging nastreef.

Prestasie

Die fonds het die afgelope drie jaar ’n gemiddelde opbrengs van 8,82% per jaar opgelewer.

Dit is laer as wat die belegger in ’n suiwer-aandele-effektetrust sou kon verkry, maar teen heelwat beter gemoedsrus vir die belegger.

Die afgelope kwartaal se opbrengs was 1%, maar sedert stigting beloop die opbrengs ’n kumulatiewe 64%, altesame 16,7% beter as die vergelykingstandaard.

Koste

Koste is nog ’n belangrike faktor om na te kyk omdat dit oor tyd ’n wesenlike uitwerking op prestasie kan hê. Die totale koste-verhouding (TKV) word aangegee as 1,78%, wat bestaan uit verhandelingskoste (0,17%), prestasie (0,45%), heffing teen vergelykingstandaard (1,14%) en ander (0,02%).

Let op dat die fonds ’n prestasieheffing betaal wanneer die vergelykingstandaard oortref word. Dit beloop ’n redelik hoë 20% van die beter prestasie, maar wanneer die fonds onderpresteer, sal dit eers verhaal moet word voor ’n prestasieheffing in ag geneem word.

Allan Gray se kommentaar

Allan Gray sê in sy jongste siening van die markomstandig?hede dat die mark in die eerste kwartaal van vanjaar onder druk gekom het.

Beleggers word gemaan om versigtig te wees aangesien die huidige winsgewendheid van maatskappye waarskynlik nie volgehou sal kan word nie. Kapitaalverliese is ’n moontlikheid, wat veroorsaak dat die fonds se ekwiteitsblootstelling tans laag is.

Hoe om te belê

Al wat ’n belegger moet doen om in die fonds te belê, is om 0 0860 000 654 of 0 021 415 2301 te skakel.

Beleggings is ook aanlyn moontlik by die webtuiste www. allangray.co.za.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  Moederstad se aard maak haar entrepreneursmekka
  Sakeprosesse is hartklop van enige onderneming
  Ondersteun jou onderneming met ’n vaardigheidsnetwerk



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons