Kry skuld jou onder? Dit hoef nie.
Begin deur jou te bevry van hoë renteskuld soos kredietkaarte, persoonlike lenings en winkelkaarte, sê me. Sharon Rubens van Sanlam Huislenings.
Volgens Rubens kan verskillende finansiële bestuursopsies jou die skuldjuk help afskud. “Dis hoekom dit belangrik is om jou huislening by jou algehele finansiële beplanning in te sluit.”
Sanlam Huislenings (SHL) het pas ’n huisleningsproduk bekend gestel waar ’n kliënt al sy korttermynskuld in ’n primêre rekening met een rentekoers kan saamsnoer. Rubens sê met die SHL Geldbestuurder kan jy jou korttermynskuld oor ’n kort termyn finansier deur die bestaande huislening as die primêre rekening te gebruik. So anker die huislening – die primêre rekening met die laagste rentekoers – die sekondêre rekenings soos jou motorskuld, kredietkaart en persoonlike lening.
Rubens verduidelik aan die hand van die illustrasie* (sien tabel): Jy het ’n huislening van R700 000 met ’n rentekoers van 14,5% by een van Suid-Afrika se groot banke. Jy skuld R110 000 teen ’n koers van 15,5% op jou motor, R20 000 (teen 21% rente) op jou kredietkaart en R15 000 (teen 25%) op ’n persoonlike lening.
As jy SHL Geldbestuurder gebruik, kan jy meer as R1 300/maand aan terugbetalings bespaar, sê sy. ’n Groot plus is dat jy nou jou korttermynskuld teen ’n verlaagde rentekoers delg.
*Die illustrasie berus op die veronderstelling dat jou eiendom teen R1,2 miljoen gewaardeer is, maar dat jy net jou verband van R700 000 tot R845 000 verhoog. Dit gaan ook uit van die veronderstelling dat jy jou huislening oor ’20 jaar afbetaal, jou motor oor 5 jaar, die kredietkaart oor 12 maande en die persoonlike lening oor 4 jaar.
Rubens sê met die bykomende kontantbesparing kan jy boonop:
) Elke maand ’n bykomende bedrag in jou verband inbetaal en jou verbandtermyn verkort;
) Eie geld belê vir jou aftrede;
) Spaar vir jou kinders se opvoeding; en
) Verbeterings aan jou huis aanbring.