Koop nou om te verhuur, sê kenner
Elke marksiklus hou sy geleenthede in.
Luukse motors raak te duur
Nuwe luukse motors verkoop nóg minder.
Untitled Document
JSE VANDAG: All Share: 28172.28 Top 40: 26519.15 FNDI 30: 21378.30 Gold Mining: 2256.72 Resource 20: 66034.45 R152: 0.00 WISSELKOERS: Rand/$: 7.7100 Rand/£: 15.2900 Rand/€: 12.1600 Gold $/oz: 930.77 Platinum $/oz: 1998.50 Platts Brent Oil: 145.16 Dow Jones: 0.00 Nasdaq: +0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
SA faces climate nightmare
Unions want Ramos to stay
No oil price relief in sight
Beeld
Man (27) geskiet in Leeupark
Steelvideo wys stemknoeiery
Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Dad-to-be shot in restaurant
Lion-heart Nadal wins epic
KFC, Nando's to the rescue
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : GELDWENKE : STORIE
 
Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan
17/03/2008 08:19  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Min mense is dit beskore om deur die lewe te gaan sonder om iewers die een of ander tyd skuld te maak, oftewel krediet uit te neem.

Om ’n lening uit te neem is eintlik heel normaal en nie iets om te vrees nie, mits betalings elke maand betyds gedoen word.

Dit is net wanneer jy te veel krediet uitneem dat die probleme begin. Die organisasies wat aan jou uitleen, sal jou help indien jy vasbrand – hulle wil juis nie krediet aan swak kliënte verskaf nie.

Die ombudsman vir kredietinligting sê dat voor ’n lening toegestaan word, alle kredietinliging eers by ’n kredietburo deurgegaan word. Alles is op rekenaar, selfs daardie een dag waarvan jy vergeet het toe jy nie die bykomende doktersrekening betaal het nie hoewel die mediese fonds die grootste deel gedek het.

Die ombudsman sê dit is belangrik om te besef dat nie net slegte inligting verstrek word nie. As jy byvoorbeeld ’n lening vroeër afbetaal het, verskyn die inligting daar en kan dit in jou guns tel. Hy gee die volgende inligting oor die soorte lenings wat verskaf word.

) Persoonlike lenings. Sommige banke sal aan jou lenings teen beter koerse verskaf. Daarom is dit lonend om rond te kyk voor die kontrak onderteken word. Maar pasop, rente kan baie hoog wees, selfs oor enkele maande. En maak seker jy leen van ’n maatskappy of bank wat jy vertrou.

) Oortrokke rekening. As jy ’n tjekrekening by ’n bank het, kan jy aansoek om die gerief doen. Dit beteken dat jou rekening outomaties met R10 000 of R20 000 verhoog word. In die praktyk leen jy van ’n bank en is die oortrokke rekening terugbetaalbaar.

) Kredietkaarte. Kredietkaarte kan ’n valse gevoel van rykdom skep deurdat jy nie altyd bewus is van wat oor ’n maand op ’n kaart gekoop word nie. Namate jy al nader aan jou kredietlimiet kom, verhoog die bank dikwels die bedrag, wat beteken jy raak al dieper in die skuld. As jy nie die minimum balans elke maand betaal nie, is nog rente betaalbaar.

) Winkelkaarte. Dit is deesdae ’n baie gewilde kredietinstrument en werk dieselfde as ’n gewone kredietkaart. Sommige instellings hef rente, ander is “rentevry”. Maak seker wat die voorwaardes is voordat jy die kaart gebruik.

) Huurkoop. Baie verbruikers het nie die nodige geld onmiddellik beskikbaar om vir ’n motor of hoëtroustel te betaal nie. Die bedrag word dan maandeliks afbetaal en maak die uiteindelike koopsom heelwat duurder. Let wel, die motor of enige ander produk wat gekoop word, word eers jou eiendom nadat jy dit afbetaal het. Indien betalings gestaak word voor die afbetalingstermyn verstryk, kan die bank dit terugneem.

Die ombudsman se raad: dink eers voor jy jou aan ’n krediet?ooreenkoms verbind. Beter nog, probeer spaar voordat jy iets koop. Moenie impulsief koop nie. Nog inligting is beskikbaar by www.creditombud.org.za.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae