Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
    Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Mboweni talks tough on Investec
Motorists set for 'reprieve'
Super Group shares tank
Beeld
Zim-onderhandelinge begin
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
OTM-rowers ontvoer wag en sy hond
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Nigeria petrol tanker fire kills 12
Zim talks under way in SA
Facebook to go web wide
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : PENSIOEN EN ANUITEITE : STORIE
 
Ses kritieke reëls vir aftreebeplanning
03/12/2007 08:44  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Dit is verbasend hoe ongeërg baie mense oor aftreegeld is.

Omdat mense se aftreegeld waarskynlik uiteindelik die grootste bate in hul boedel sal wees, sou ’n mens verwag het dat dit met groter sorg en beplanning gehanteer sou word.

Aftreebeplanning kan in drie hoofstadiums verdeel word: beplanning vóór aftrede, mét aftrede en ná aftrede.

Voor aftrede moet seker gemaak word dat genoeg geld vir aftrede opsygesit en die regte beleggingsprodukte gekies word.

Met aftrede moet weer verseker word dat die regte keuses vir die beleggingsproses gemaak word om belasting tot die minimum te beperk en aftrede so gladweg moontlik te laat verloop.

Ná aftrede moet weer besin word oor die manier waarop die geld belê moet word, asook hoeveel onttrek kan word.

Na my mening is daar ses reëls wat kan verseker dat beplanning reg geskied. Die reëls is kritiek en dinge kan skeefloop as selfs net een daarvan geïgnoreer word.

Reël 1: Beplan vir ’n aftree­termyn tot wanneer die jongste gade minstens 90 jaar oud is.

Die toename in lewensverwagting die afgelope 15 jaar was aansienlik.

Dit is ’n gegewe dat die meeste persone ouer sal word as wat hul ouers was. Tans is die verwagting dat 20% van alle 60-jarige mans en 40% van alle 60-jarige vroue die ouderdom van 90 gaan bereik.

Dit beteken ’n man wat op 60 aftree met ’n gade van 50, sal vir 40 jaar van aftrede moet beplan!

Reël 2: Indien ’n vaste gewaarborgde pensioen nie voldoende geld voorsien nie, kan jy nie aftree nie.

’n Vaste gewaarborgde pen­sioen gee jou ’n onveranderde gewaarborgde inkomste oor ’n sekere tydperk. Die oomblik dat jy sterf, verval die inkomste.

As die inkomste nie voldoende is vir jou behoeftes nie, het jy eenvoudig nie genoeg geld om mee af te tree nie. Onthou dat hierdie inkomste glad nie toeneem nie en dat enige inkomste eintlik met minstens die inflasiekoers behoort toe te neem.

Beleggingsgekoppelde annuïteite, waar jy die geld belê en ’n onttrekking van tussen 2,5% en 17,5% kan doen, kan gevolglik dalk ook onvoldoende wees.

Reël 3: Moenie met ’n pen­sioen aftree wat nie toeneem nie.

’n Inflasiekoers van 6% halveer jou pensioen elke 12 jaar . Ná 24 jaar sal jy slegs 25% van die oorspronklike pensioen oorhê.

Om met ’n pensioen af te tree wat nie toeneem nie, is nie ’n goeie besluit nie. Dit is so dat die inflasiekoers wat op pensioentrekkers van toepassing is, in baie gevalle hoër is as die gemiddelde inflasiekoers. Maar pensioentrekkers is daarenteen geneig om minder te bestee, wat die hoër inflasiekoers in ’n mate uitbalanseer. Dit is dus belangrik dat die inkomste van ’n pensioenaris in die pas met die inflasiekoers moet toeneem.

Met ’n inflasiekoers van 6% en ’n netto opbrengs van 12% op die pensioen van iemand van 60 jaar, toon die volgende tabel hoe lank die geld sal hou teen sekere onttrekkingsvlakke:

Reël 4: As jy nie genoeg geld het nie, sal dit nie help as jy dit na ’n beleggingsgekoppelde annuïteit oorplaas nie.

Die reël is selfverduidelikend en inkorporeer PSG Konsult se beleggingsfilosofie. Daar is diegene wat glo dat as jy nie genoeg geld het nie, jy bloot in hoër­risikofondse moet belê om die nodige opbrengs te kry.

Dit is eenvoudig dom om jou beleggingsrisiko te vergroot suiwer omdat jy ’n groter opbrengs benodig om jou begroting te laat klop. Hoërisikofondse is fondse waarvan die waarde daagliks heelwat kan skommel.

Vir ’n belegging in sulke fondse by aftrede, word tydsberekening ’n groot risiko. As die mark net ná jou belegging met 10% val, kan die bes beplande aftreestrategie heeltemal verwoes wees.

Reël 5: Ten einde jou inkomste in die pas met inflasie te vergroot, sal jy by aftrede ’n enkelbedrag van 20 keer jou jaarlikse inkomste nodig hê.

Dit is gegrond op ’n lewensverwagting ná aftrede van 30 jaar en ’n werklike opbrengskoers van 4% – die groei wat die fonds bo die inflasiekoers verkry.

Hoe langer die lewensverwagting, hoe laer behoort die onttrekkingsvlak te wees (sien reël 3). Die maksimum wat ’n mens behoort te onttrek uit ’n verpligte annuïteit, behoort gelykstaande te wees met die inkomste verkrygbaar van ’n vaste gewaarborgde pen­sioen en die minimum behoort 35% daarvan te wees.

Dit sal tot gevolg hê dat die maksimum onttrekking styg namate die lid ouer word. In Suid-Afrika is die onttrekkingskoers nie aan ouderdom gekoppel nie, maar beperk tot tussen 2,5% en 17,5% van die fonds se waarde.

Reël 6: Die onttrekkingsbedrag behoort nie die inkomste-vermoë van die onderliggende bates te oorskry nie.

Die inkomste wat ’n suiwer aandelefonds lewer, is in die vorm van dividende en bedra sowat 3,5% per jaar. Dié van ’n eiendom en/of kontantportefeulje is sowat 8% per jaar. ’n Gebalanseerde portefeulje met 65% in aandele sal derhalwe ’n inkomste van sowat 5% voorsien. As laasgenoemde aanvaar word as die algemeen gekose fonds ná aftrede, behoort nie meer as 5% uit so ’n fonds onttrek te word nie.

Die kapitaalgroei wat in daardie portefeulje bereik is, sal tot gevolg hê dat die toegewing sal tred hou met inflasie sonder om van die kapitaal te gebruik. Die ander gevolgtrekking is derhalwe ook dat hoe groter die inkomste is wat jy benodig, hoe kleiner behoort die risiko van die fonds te wees wat jy kies.

Dit is dus duidelik dat aftreebeplanning nie begin die dag wanneer jy aftree nie. Trouens, dan is dit gewoonlik te laat. Beleggingsgekoppelde annuïteite is nie ’n towerstaffie waarmee swak aftreebeplanning skielik reg getoor kan word nie. Begin dus reeds op 25 seker maak dat jy kan aftree wanneer jy wil.

) King is direkteur van finan­siële beplanning by PSG Konsult.

Onttrekkingsvlak

Geld voldoende
tot ouderdom

7%

90

8%

82

9%

78

10%

75

11%

73

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  Kry liewer kundige hulp met die opstel van ’n kontrak
  Finaliste aangewys in die soektog na Vrou van Jaar
  Gauteng steun township-sake



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons