Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
    Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Worst week ever on Wall St
JSE 'bottoming out'
SA at risk, warns IMF
Beeld
Klofie-foto's was 'banaal'
Rowers skiet ma van twee dood ná biduur
Skurke jaag met motor uit handelaar
Volksblad
Cheetaahs!
Carike in botsing in Karoo
Porno op foon skok vrou
News24
Another win for Bafana Bafana
Hurricane roars into Mexico
'Schools must fight trafficking'
Gister se gewildste Artikels
Markte val in paniek
SA op Brittanje se lys van top-beleggingslande
Kliphuis in Pretoria is beste in land
Vodafone soek nóg mag in selfoonryk
JSE leef swaar
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : PENSIOEN EN ANUITEITE : STORIE
 
Baie dankie, Tito! sê pensioentrekkers
02/06/2008 08:34  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner


Vuisvoos verbruikers mag dalk kla oor hoër rentekoerse omdat dit hul skuldlas vergroot, maar pensioentrekkers lag heelpad bank toe.

Hoër rentekoerse beteken hoër opbrengste op vaste deposito’s en geldmarkbeleggings, twee gunstelinge by pensioentrekkers omdat dit veiligheid van die wisselvallige aandelemark bied.

So onlangs as drie jaar gelede kon pensioentrekkers hoogstens 6% op ’n deposito verwag. Op R500 000 het dit R30 000 per jaar of ’n maandelikse inkomste van R2 500 behels. Op R1 miljoen was dit dubbel dié bedrag teen R60 000 of maandeliks R5 000.

Hoe het die prentjie nie verander nie?

Teen huidige geldmarkkoerse van rofweg 10% kan pensioentrekkers R50 000 op R500 000, of maandeliks R4 166, realiseer, wat R1 666 hoër is as teen 6%. Met R1 miljoen lewer 10% R8 333 op, of R3 333 meer as waaraan ’n mens voorheen gewoond was.

Mnr. Alan Botha, Gautengse welvaarthoof van Barnard Jacobs Mellet (BJM) Private Kliënte, sê dit is veral diegene bo 65 wat dankie sê vir mnr. Tito Mboweni, president van die Reserwebank. “Hoë inflasie is goeie nuus vir diegene wat afhanklik is van ’n vaste inkomste.”

Die huidige situasie is ook betekenisvol beter as in die 1980’s toe koerse ook hoog was, maar inflasie terselfdertyd ook hoër was as nou. Besteebare inkomste is toe heelwat meer weggekalwe deur hoër inflasie, wat rentedraende instrumente in onguns laat verval het.

VPIX-inflasie het weliswaar vanjaar reeds tot bo 10% gestyg en die donker wolk van stagflasie – hoë inflasie en lae ekonomiese groei – loer wel op die horison, maar vir eers kan pensioentrekkers die voordele van hoër koerse ervaar.

Pensioentrekkers beskik ook gewoonlik oor min skuld sodat die styging in besteebare inkomste werklike inkomste beteken wat aangewend word sonder afbetalings aan ’n motor of huis.

Botha sê daar is nóg belastingvoordele wat pensioentrekkers ook tot voordeel strek.

In die laaste begroting is die belastingvrye beperking op rente-inkomste vir diegene bo 65 opgestoot van ’n jaarlikse R26 000 tot R27 500. Dit beteken dat ’n pensioentrekker en ’n eggenote gesamentlik R500 000 volkome belastingvry kan belê.

Die beleggingsgroei van bates binne’n annuïteitstruktuur is ook belastingvry. Belasting is net betaalbaar op bedrae wat onttrek word, wat nou tot tussen 2,5% en 17,5% per jaar beperk word. Hy beveel daarom aan dat sover as moontlik van dié belastinggunstige beleggingstrukture gebruik gemaak word.

Verdere goeie nuus is dat dit op kort termyn net beter kan gaan. Ekonome verwag dat rentekoerse vanjaar met ’n verdere 2 persentasiepunte kan styg wat die huidige prima koers van 15% op 17% te staan kan bring. Slegte nuus vir huiseienaars, maar vir pensioentrekkers beteken dit verdere inkomstegroei as geldmarkkoerse in reaksie styg.

Gestel geldmarkkoerse word 12%. Dan is R1 miljoen se renteopbrengs R120 000 per jaar of R10 000 per maand, meer as dubbel as drie jaar gelede.

Terselfdertyd maan markkenners dat die goeie tye vir pensioentrekkers nie altyd sal voortduur nie en dat die gunstige tye nou vir die verwagte ommeswaai aangewend word. Dit beteken dat koerse eindelik weer verlaag sal moet word, onder meer om ekonomiese groei te bevorder.

Die meeste ekonome verwag nou dat dit eers in die tweede helfte van 2009 of in die eerste kwartaal van 2010 kan plaasvind. Maar wees gewaarsku – dinge kan straks gouer verander as wat die meeste mense dink.

Mnr. Paul Hansen, direkteur van Stanlib Batebestuur, sê dit is altyd goed om aan ander beleggings te dink wanneer sekere rekordvlakke in markte bereik word.

Sommige sektore van die JSE, veral finansiële en nywerheidsaandele, word tans laag aangeslaan, wat goeie koopgeleenthede bied.

Dit het daarom sin dat pensioentrekkers minstens ’n deel van die nuwe maandelikse rente-meevallers vir alternatiewe beleggings in aandele op die JSE oorweeg.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Geldsake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Entrepreneursake
  82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
  Van klaas tot haar eie baas
  Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd

Beeld
  Klofie-foto's was 'banaal'
  Rowers skiet ma van twee dood ná biduur
  Skurke jaag met motor uit handelaar

Volksblad
  Cheetaahs!
  Carike in botsing in Karoo
  Porno op foon skok vrou



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons