Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
    Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Zuma geskok deur wit armoede
Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
More blacks consider emigration
Zuma: Race doesn't rule poverty
'Somebody ignited the match'
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : RENTEBELEGGINGS EN BANKE : STORIE
 
Met beleggingsplan skakel mens rondvallery uit as markte skommel
07/04/2008 07:54  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die onstuimigheid op die internasionale markte duur voort, met groot onsekerheid, en in sommige gevalle angs, wat onder beleggers heers.

Die vraag is wat die langtermynuitwerking daarvan plaaslik gaan wees.

Eiendomspryse het reeds verlangsaam ná ’n paar jaar se uitbundige groei. Diegene wat daardie bykomende waarde op hul wonings ontsluit het om dit in tweede eiendomme te belê, of om ’n paar luukshede aan te skaf, slaap sekerlik effens onrustig oor die ekstra skuldlas.

As daar nou een ding is waarvan beleggers nie hou nie, is dit die wisselvalligheid wat ons ervaar. Onsekerheid laat mense kriewelrig voel oor die veiligheid van hul beleggings.

Die skielike verswakking van die rand teenoor ander geldeenhede, die olieprys wat by $100 per vat is en die onbeantwoorde vrae ná die ANC se konferensie in Polokwane het talle mense opnuut laat navraag doen oor beleggings in die buiteland.

Toe ons taamlik onlangs nog minder as R6 vir ’n Amerikaanse dollar kon betaal, was daar weinig belangstelling om beleggingsportefeuljes te diversifiseer met ’n gestruktureerde plan om geld na die buiteland te verskuif. Noudat ’n Amerikaanse dollar weer na aan R8 kos, staan mense tou om aansoek te doen om geld landuit te stuur.

Dalk het die wonderlike groei wat beleggers op die Suid-Afrikaanse aandelebeurs geniet het, iets daarmee te doen.

Ek het onlangs ’n navraag van ’n kliënt ontvang wat wou weet hoe hy sy pensioen en ander bates in Suid-Afrika kan verkoop en in die buiteland kan belê. Hoe antwoord mens nou so ’n vraag?

Dit is vir my duidelik dat hierdie persoon geen plan het waarvolgens sy boedel- en finansiële sake bestuur word nie. Sy beplanning is eerder gegrond op reaktiewe krisisbestuur waarvolgens hy ongetwyfeld al ’n klomp geld aan onnodige belasting en koste verloor het om van die een belegging na die ander rond te spring.

Die ou gesegde dat indien jy nie weet waarheen jy op pad is nie, enige pad jou daar sal kry, is beslis waar.

Indien dié persoon en ander bekommerde beleggers ’n weldeurdagte boedel- en finansiële plan gehad het wat voorsiening maak vir tye van wisselvalligheid en onsekerheid, sou dit nie nodig gewees het om nou verward rond te val en enige advies wat tog so vrylik uitgedeel word, te probeer volg nie.

Hoe gemaak om by só ’n plan uit te kom? Daar behoort myns insiens ’n gestruktureerde proses te wees waarvolgens jou boedeladviseur, in samewerking met jou finansiële beplanner, ’n volledige ontleding van jou bates en laste en persoonlike omstandighede doen ten einde die plan spesifiek vir jou en jou familie se unieke omstandighede te struktureer.

Hierdie plan moet eerder op die doelwitte wat jy as belegger wil bereik as net op belastingvermyding fokus. Dit help net mooi niks indien jou beplanning optimaal vir belastingbesparing gestruktureer is, maar jou gesin se behoeftes en die sinvolle vererwing van jou boedel is nie in ag geneem nie.

Vermy tog asseblief die adviseur wat beweer dat al hierdie oplossings in ’n enkele produk, spaarplan of polis saamgevat kan word. Boedel- en finansiële beplanning behels veel meer as dit.

Eerstens behoort jou risikoprofiel bepaal te word. Dit is jou siening oor of aptyt vir risiko om sekere doelwitte te behaal. Indien jy nie kan of wil waag om kapitaal aan die wisselvalligheid van die markte bloot te stel om ’n langtermyndoelwit te bereik nie, moet jou blootstelling aan ander bateklasse vergroot word.

Eers nadat daar vasgestel is waar jy jou as belegger op die spektrum tussen konserwatief en aggressief bevind, kan jou adviseur jou beleggingsportefeulje uit die verskillende bateklasse saamstel.

Dié proses moet gereeld hersien word om te verseker dat jou portefeulje steeds jou risikoprofiel weerspieël. Dit kan maklik gebeur dat jou blootstelling aan aandele weens die groei op die aandelebeurs buite verhouding is tot die ander bateklasse in jou beleggingsportefeulje.

Die volgende stap is om te bepaal of hierdie beleggings in jou of jou gade se naam of dalk in ’n trust geregistreer moet word. Neem hierdie besluit voordat die beleggings gedoen word, aangesien dit onnodige koste en belasting tot gevolg kan hê indien dit ná die tyd geskuif moet word. Die wyse van oordrag van bates na verskillende boedelbeplanningstrukture by wyse van skenkings of lenings kan ernstige kostegevolge hê indien dit nie korrek gedoen word nie. Die bepalings van jou testament moet elke keer in ag geneem word met ’n verandering in jou boedel- en finansiële beplanning.

Met só ’n plan wat gereeld deur jou adviseurs hersien word, kan jy rustig slaap in die wete dat die wisselvalligheid, soos die meeste ander dinge, tydelik is en dat jou planne agtermekaar is om uiteindelik by jou doelwitte uit te kom.

Indien jy egter nie so ’n plan het nie, is die volgende gesegde sekerlik gepas: “Die beste tyd om ’n boom te plant, is twintig jaar gelede. Die tweede beste tyd is vandag.”

) Fourie is uitvoerende hoof van PSG Konsult Trust.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Geldsake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Entrepreneursake
  82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
  Van klaas tot haar eie baas
  Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd

Beeld
  Zuma geskok deur wit armoede
  Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
  Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig

Volksblad
  Skokvideo: Meisie in gr. 8
  Hof moet hoor of man pedofiel is
  Knap jou huis op met nuwe kompetisie



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons