Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
    Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : RENTEBELEGGINGS EN BANKE : STORIE
 
Geldmarkte lok miljarde se beleggings van oor wêreld
07/04/2008 07:54  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner


Beleggers wêreldwyd is besig om op groot skaal uit die wisselvallige aandelemarkte na die veiligheid van die geldmark te beweeg.

Op kort termyn kan so ’n stap sin maak, maar die gevolge op langer termyn kan negatief wees. Die rede hiervoor is dat aandelemarkte op langer termyn ’n heelwat beter opbrengs bied. Beleggers verbeur die geleenthede wat ’n groeiende mark bied.

Volgens berekenings het geldmarkte wêreldwyd in die eerste kwartaal van vanjaar $140 miljard gelok, ’n nuwe rekord. Die totale balans van geldmarkte bedra ’n rekord-$3 500 miljard. Die totale invloei na geldmarkte was in 2007 $240 miljard, en 2008 beloof dus om ’n rekordjaar te wees.

Die ironie is dat geldmarkte tans kleiner opbrengste bied as verlede jaar. Die amptelike Amerikaanse Fed-uitleenkoers beloop 2,5% teenoor 5,25% einde verlede jaar. In Suid-Afrika kan beleggers reken op gemiddeld 10,5% voor belasting.

Dit is ’n veiliger opbrengs as die groei van 3% wat die JSE se indeks van alle aandele in die eerste kwartaal getoon het. Uit dié oogpunt het dit waarskynlik sin gemaak om die geldmark op te soek.

Maar pasop, waarsku mnr. Tony Barrett, hoof van welvaartbestuur by Barnard Jacobs Mellet private-kliëntedienste. Beleggings in kontant hou oor tyd verborge koste in.

“Jy sal nie geld verloor in die geldmark nie, maar jy sal ook nie voordeel trek uit werklike groei nie.”

Hy meen aandelemarkte bied nou uitstekende waarde. “Aandelemarkte is geneig om aan die toppunt van ’n siklus te oorreageer, maar skiet hulself ook in die voet in die daalfase.”

Wat nie altyd besef word nie, is dat om uit die mark te bly ’n beduidende koste vir ’n beleggingsportefeulje inhou. Dit beteken prakties dat beleggers uit die mark klim wanneer dit gedaal het en min groei toon, en inklim wanneer die groei goed lyk, maar reeds bo sy realistiese hoogtepunt kan wees.

Waar en wanneer dié werklike vlakke daar is, kan niemand met sekerheid sê nie. Maar mnr. Paul Hansen, groepdirekteur by Stanlib Batebestuur, sê wat wel ’n feit is, is dat stewige ondernemings soos FirstRand en Tiger Brands onderskeidelik 38% en 34% laer is vergeleke met hulle hoogtepunte van die afgelope 12 maande.

“Hul aandeelpryse kan sekerlik nog daal, maar bied dit nie ’n gulde geleentheid om dié aandele bymekaar te maak nie?” vra hy.

Beleggers is tans verward oor die markte. Aan die een kant word hulle daagliks begroet met slegte nuus, soos hoë rentekoerse, die swak rand en stygende petrol- en voedselpryse. Aan die ander kant vertoon die JSE steeds redelik goed, selfs teen die agtergrond van netto aandeleverkope van R10,7 miljard deur buitelanders in die eerste kwartaal.

Hansen sê dit is belangrik om te onthou dat markte gewoonlik vooruit kyk, minstens ses maande in die toekoms. “Die nuus kan vir die gemiddelde belegger donker lyk, maar oor die algemeen is daar hoopvolle tekens.”

Hieronder is die groeiende swart middelklas wat besteding sal bevorder en reuse-besteding aan infrastruktuur. Vaste besteding is nog ’n positiewe faktor, want dit kan nie soos ’n kraan oop- en toegemaak word nie. Dit dui op vertroue in die toekoms van ’n land. “Tekens is dat die onlangse verkope op die JSE oordrewe was. Dit bied beleggers uitstekende waardegeleenthede.”

Dit lyk of beleggers tans grootliks in die geldmark belê, nie vanweë die opbrengs wat verkry word nie, maar eerder weens die verwagte verdere dalings in aandeelpryse. Dit kan egter ’n verkeerde siening wees en beleggers kan hulle dalk oor ’n jaar skop omdat hulle geleenthede nie nou benut het nie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Geldsake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Entrepreneursake
  82-jarige reg vir motorfietsry as sy jongste patent slaag
  Van klaas tot haar eie baas
  Innovasie moet markgerig wees, anders is dit bloot ’n mors van kosbare tyd

Beeld
  Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
  Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
  Man skiet glo buurvrou uit jaloesie

Volksblad
  Ster op snelweg beroof
  Rooi kaarte: Spelers tegemoetgekom
  Man skiet glo buurvrou uit jaloesie



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons