Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
    Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Changing SA's saving psyche
Sasol BEE: SAPO extends hours
Week of mass action ahead
Beeld
Valkoog stort neer
Mugabe aan bure: ‘Moenie my treiter’
Drie kinders sterf, ouers oorleef
Volksblad
Jy’s nie veilig in jou huis
Eiendomsagent skuldig aan hereregtebedrog
Toergids sterf ’n week voor sy eerste toer
News24
Kiwis reclaim No 1 spot
JSC to meet over Hlophe
200 undergo virginity testing
Gewildste Artikels
Rentekoers eis sy tol van ekonomie
VSA is op die rand van ineenstorting, sê bankier
Verskuilde klousules kry ’n opstopper
Doebai se bewegende wolkekrabber ’n eerste
Mugabe, Mbeki verraai vryheidstryd
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : RENTEBELEGGINGS EN BANKE : STORIE
 
Fed se hulp aan Bear Stearns was regte stap om vertroue te herstel
07/04/2008 07:54  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

David Crosoer,


Sint Patricksdag (17 Maart) was ’n merkwaardige dag vir aandelemarkte wêreldwyd.

Die JSE se indeks van alle aandele het dié dag saam met ander aandelemarkte skerp negatief geopen. In een stadium het dit met meer as 4% gedaal en teen die middag herstel om net meer as 2% laer te sluit.

Die VSA, wat geopen het net voordat al die ander gesluit het, het die dag “in die groen” geëindig – iets wat beslis Sint Patrick se goedkeuring sou wegdra!

Die skielike daling en gedeeltelike herstel van aandelemarkte is aangedryf deurdat Bear Stearn?s, die vyfde grootste beleggingsbank in die VSA, byna ineengestort het en toe te hulp gesnel is.

Bear Stearns is die jongste ongeval in die verdiepende Amerikaanse verbandkrisis. Sonder hulp sou die bank bankrot verklaar moes word.

Die Federale Reserwebank en JPMorgan het op ’n plan ooreengekom om die chaotiese gevolge te verhoed wat die bank se bankrotskap vir die finansiële stelsel sou inhou.

Bear Stearns is ’n vennoot in baie finansiële transaksies.

JPMorgan het Bear Stearns gevolglik teen $2 per aandeel oorgeneem (Bear Stearns het die vorige Vrydag teen $30 per aandeel verhandel, en teen meer as $150 per aandeel ’n jaar gelede). Die Fed het terselfdertyd ’n bykomende kredietlyn aan JPMorgan gegee en die diskontokoers (die koers waarteen die Fed geld aan banke leen) met 0,25 persentasiepunt verlaag. Die Fed het dit opgevolg deur die Fed-fondsekoers op die Dinsdag met 1 persentasiepunt te verlaag.

Die mark het aanvanklik negatief op die nuus gereageer omdat nie verwag is dat Bear Stearns so diep in die moeilikheid was nie – die aandeel was per slot van rekening $30 werd op die Vrydag – of dat die finansiële stelsel so na aan verlamming was nie.

Kort daarna het die mark egter besef die Fed doen alles in sy vermoë om die finansiële stelsel ordelik aan te pas. Die plaaslike mark het dus verbeter en die Amerikaanse mark kon die dag boonop positief afsluit.

Nog probleme kan uit die Amerikaanse verbandkrisis voortvloei. En die wêreldwye finan?siële stelsel is so ineengevleg dat die meeste instansies hierdeur geraak kan word, insluitend Suid-Afrikaanse maatskappye met geen direkte Amerikaanse verbandblootstelling nie.

Sint Patricksdag het egter gewys dat die Fed bewus is van die risiko’s wat ’n finansiële ineenstorting inhou en dat hy alles in sy vermoë sal doen om die stelsel funksioneel te hou.

) Crosoer is ’n navorser by Glacier Navorsing in die Sanlam-stal

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  Praktiese groeiplan ’n belangrike faktor vir goeie uittrede-strategie
  By Bamboo is ongewone die gewone
  Innovasie vir alle maatskappye noodsaaklik om uit te styg



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons