Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
  Versekering
    Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
New frenzy over team Obama
Cops bust ATM bomb syndicate
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : RENTEBELEGGINGS EN BANKE : STORIE
 
Nie altyd regte raad om by beleggingsplan te hou
18/08/2008 09:20  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Uit ’n batebestuursoogpunt klop slegs kontant, oftewel geldmarkfondse, tans inflasie.

Konvensionele wysheid dikteer dat ’n mens by jou beleggingstrategie moet bly. Dit is egter ’n bewese feit dat die na-belaste opbrengs op kontant in die meeste gevalle nie inflasie op lang termyn klop nie.

Ander bateklasse, soos aandele, eiendom, effekte en buitelandse fondse, klop inflasie op die lang termyn. Só was die gemiddelde opbrengs van die geldmark die afgelope 20 jaar 12,4% per jaar. Suid-Afrikaanse aandele was 20,4%, genoteerde eiendom 19,68%, effekte 15,53% en buitelandse aandele 14,23%.

Ons beleef egter sedert Oktober verlede jaar ’n beeragtige mark terwyl daar heelwat slegte nuus in maatskappy-resultate weerspieël word. Hoe lank gaan die beermark nog voortduur? Ons weet dat markte weer herstel en dat beleggers wat tyd aan hulle kant het, die afwaartse siklus kan en behoort deur te sit met hul bestaande portefeuljes.

Die waarheid is egter dat beleggers soos pensioenarisse, persone wat inkomste verdien op hul beleggings, persone naby aan aftrede en persone met baie min beleggings nie noodwendig kan bekostig om die siklusse deur te sit nie.

Beleggingsadviseurs moet dus sorg dra dat wanneer daar na ’n kliënt se portefeuljes gekyk word, hul persoonlike omstandighede en kontantvloei-behoeftes deeglik in ag geneem word.

Die geskiedenis wys dat skerp stygings in die pryse van bates (soos wat ons die afgelope vyf jaar beleef het) dikwels gevolg word deur lang periodes van dalende markte of sywaartse beweging. In 1969 het dit twee en ’n half jaar geneem vir die beermark om sy onderste draaipunt te bereik, in 1974 het dit vier jaar geneem, in 1980 het dit twee jaar geneem en in 1998 het dit ’n jaar geneem.

Dit neem heelwat langer indien ’n mens by die onderste draaipunt van die beermark die aantal jare tel wat dit neem om in reële terme weer die vorige hoogtepunt te bereik. Ons is nou slegs agt maande in die dalende siklus.

Daarom moet beleggers verliese probeer beperk. Indien ’n belegger met R1 miljoen in jaar een slegs ’n verlies van 10% op sy portefeulje ly, het hy aan die einde van daardie jaar R900 000. Indien ons aanvaar dat inflasie 10% is, moes die belegger aan die einde van jaar een egter R1 100 000 gehad het om in reële terme gelyk te breek. Indien ons aanvaar dat inflasie in jaar twee ook 10% beloop, moet die belegger aan die einde van jaar twee R1 210 000 hê om net gelyk te breek.

Om die R900 000 wat die belegger aan die einde van jaar een het te laat groei tot R1 210 000 aan die einde van jaar twee, moet sy portefeulje met 34,44% groei. Heelwat meer risiko sal geneem moet word om die potensiaal van 34,44% se groei in ’n portefeulje te kry. Indien die markte in jaar twee ook daal, is dit onwaarskynlik dat die belegger van die situasie sal herstel.

Om verliese te vermy moet verliesmakende bate-klasse (aandele en eiendom) vervang of verminder word met bate-klasse wat tans positiewe opbrengste toon, dus die geldmark. Die onmiddellike fokus vir beleggers moet kapitaalbeskerming wees en die inkomste uit die portefeulje moet steeds voldoende wees om enige trekkings te dek.

) Max van der Wath is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP) by PSG Konsult.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  Kragnood is DFR Engineers se brood
  Kleinsake se omset-taks werk só
  Baie Oos-Randse sakelui ‘begryp nie SEB, is negatief daaroor’



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons