Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Aandele
  Pensioen en Anuiteite
  Effektetrusts
    Versekering
  Rentebeleggings en Banke
  Geldwenke
  Algemene geldsake
  Belasting
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Mboweni talks tough on Investec
Motorists set for 'reprieve'
Super Group shares tank
Beeld
Zim-onderhandelinge begin
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
OTM-rowers ontvoer wag en sy hond
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Nigeria petrol tanker fire kills 12
Zim talks under way in SA
Facebook to go web wide
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Jou Geldsake : VERSEKERING : STORIE
 
Dekking vir lae-inkomstegroepe kom gou
03/03/2008 08:44  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Suid-Afrikaners met lae inkomste sal binnekort toegang tot ’n wye verskeidenheid lewensversekeringsprodukte verkry.

Dié produkte sal billike koste, maklike toegang en toepaslike voorwaardes waarborg, danksy die vereniging van lewensversekeraars (LOA) se Zimele-goedkeuringstempel.

Dié nuus volg nadat die finansiële sektor se handvesraad die LOA se nuwe Zimele-produkstandaarde vir kredietlewensversekering, lewensdekking en dekking vir liggaamlike ongeskiktheid goedgekeur het.

Volgens mnr. Gerhard Joubert, uitvoerende hoof van die LOA, het die vereniging begin om produkstandaarde vir ander lewensversekeringsprodukte te ontwikkel ná die suksesvolle afskop verlede jaar van die Zimele-standaarde vir begrafnisprodukte. Die doel met die standaarde is nie net om bekostigbaarder produkte aan te bied nie, maar ook om die produkte toepaslik vir die lae-inkomstemark te maak.

“Die Zimele-stempel het dit ten doel om Suid-Afrika se lae-inkomsteverdieners – dié wat R3 000 of minder per maand verdien – te help om maklik die lewensversekeringsprodukte te identifiseer wat aan die finansiële sektor se handves voldoen.”

Volgens Joubert word lewensversekeraars aangemoedig om unieke produkte vir die lae-inkomstemark te ontwikkel. Dié produkte moet aan die minimum-produkstandaarde voldoen voordat die Zimele-stempel daaraan gekoppel kan word.

“Met Zimele wil ons verseker dat lewensversekeraars toepaslike, innoverende en mededingende produkte vir die lae-inkomstemark ontwerp.”

Die standaarde sluit onder meer in ’n opsomming van die polis in die oorheersende taal van elke provinsie en dat die produkbeskrywings maklik verstaanbaar moet wees. Geen MIV/vigs-uitsluitings mag in die eisestadium in werking gestel word nie. Die voordeelbedrag mag nie in die eisestadium verlaag word nie.

Bykomend tot die bestaande Zimele-goedgekeurde begrafnisdekking sal lae-inkomsteverdieners ook binnekort in staat gestel word om te kies tussen kredietlewensversekering, lewensdekking en dekking vir liggaamsongeskiktheid.

As skuld aangegaan word, word kredietlewensversekering gekoop om te verseker dat die lening gedek is as die versekerde persoon sterf of ongeskik raak.

Verbruikers wat skuld aangaan, kan of alleenstaande doodsdekking koop of doodsdekking en dekking vir permanente algehele liggaamlike ongeskiktheid.

Die voorwaardes is:

) Dekking mag nie die uitstaande skuldbedrag oorskry nie.

) Doodsdekking moet by die ontvangs van die eerste premie begin – dit beteken dat geen wag­periodes ingestel mag word nie.

Die maandelikse maksimum premiekoerse is: Lewensdekking: R5 plus R3,50 per R1 000 dekking;

Lewensdekking en dekking vir liggaamlike ongeskiktheid: R5 plus R4,25 per R1 000 dekking.

Lewensdekking maak voorsiening vir die betaling van ’n enkelbedrag aan een of meer begunstigdes as die versekerde persoon sterf. Die voorwaardes is:

) Doodsdekking mag nie minder as R30 000 wees nie.

) Die polistermyn moet minstens vyf jaar wees en die maksimum-ouderdom nie minder as 60 nie.

) Geen wagperiodes mag ingestel word op dekking vir dood deur ’n ongeluk nie. Dit moet by ontvangs van die eerste premie ’n aanvang neem.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Entrepreneursake
  Kry liewer kundige hulp met die opstel van ’n kontrak
  Finaliste aangewys in die soektog na Vrou van Jaar
  Gauteng steun township-sake



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons