Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6300 Rand/£: 15.1800 Rand/€: 11.9900 Gold $/oz: 929.12 Platinum $/oz: 1735.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
'Krugerpark was my huis; waarheen nou?'
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Obama draws 200 000 in Berlin
Robbed singer 'prayed out loud'
Steyn has fractured thumb
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Landbou : LANDBOU : STORIE
 
Boere kan hul produksie staak weens insetkoste
08/05/2008 08:10  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Aldi Schoeman,


As landbouprodukte se markpryse nie saam met insetpryse soos die prys van diesel styg nie, gaan baie boere nie meer kan produseer nie.

“Insette het só gestyg dat sekere lae-opbrengsgrond beslis nie langer vir produksie gebruik gaan word nie,” sê prof. Johan Willemse, ’n landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat.

“Om die volgende oes in die grond in te ploeg, is dubbel die geld nodig wat laas jaar nodig was,” sê hy.

Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van onderskeidelik Graan SA en Agri SA se bedryfskamer, sê vir elke sent wat die dieselprys styg, styg die landboubedryf se insetkoste met R10 miljoen oor ’n tydperk van 12 maande.

Mnr. Corné Louw, ’n ekonoom by Graan SA, sê die 71c-dieselprysstyging gaan ’n koringprodusent sowat R39 per hektaar méér uit die sak jaag, as op ’n gemiddelde van 55 liter diesel per hektaar gewerk word.

“As markpryse nie saam met die insetpryse styg nie, gaan baie boere nie meer kan produseer nie,” sê Louw.

Diesel maak sowat 15% van ’n graanprodusent se lopende produksiekoste uit, terwyl kunsmis 25% daarvan uitmaak, sê Louw.

Pryse van kunsmis en chemikalieë het ook in die afgelope jaar drasties gestyg.

MAP (mono-ammoniumfosfaat), een van die belangrikste grondstowwe vir kunsmis, het in April 2007 sowat R4 762 per ton gekos en R14 535 in April 2008. Dit is ’n styging van 205,2%.

Kaliumchloried se prys het in dieselfde tydperk met 147,3% gestyg, van R3 100 tot R7 665 per ton. KAN (28) (kalksteen-ammonium-nitraat) se prys het met 35,8% gestyg, van R2 924 per ton tot R3 971 per ton en Ureum se prys met 30,9% van R4 175 tot R5 463 per ton.

“Die prys van die produkte het wel gestyg, maar nie genoeg om die volgende plantseisoen te finansier nie,” sê Willemse. Ook hoër rentekoerse verhoog boere se risiko, sê hy.

Aartappels SA het Maandag in ’n verklaring gewaarsku 1 000 ha vir aartappelverbouing kan vanjaar onttrek word weens stygende insetkoste.

Ferreira het ook gewaarsku dat voedselsekerheid geraak kan word as boere weens die hoë risiko produksie van sekere hulpbronne staak.

Willemse sê die uitwerking van stygende insetkoste sal eers teen volgende jaar gesien kan word.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae