Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6100 Rand/£: 15.1700 Rand/€: 11.9600 Gold $/oz: 931.90 Platinum $/oz: 1735.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27109.04 Top 40: 25224.28 FNDI 30: 22797.51 Gold Mining: 2195.84 Resource 20: 57361.68 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Landbou : LANDBOU : STORIE
 
Grondkwessie kan landbou-BBP-bydrae verder laat krimp
12/05/2008 08:19  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jean-Marie de Waal,


Die dilemma vir pres. Thabo Mbeki én sy opvolger gaan eintlik oor syfers – 30% teenoor 1%.

Dit gaan oor die opweeg van die politieke mikpunt om 30% van produktiewe landbougrond in wit besit teen 2014 na swart begunstigdes oor te dra, dalk ten koste van dié sektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP).

“Die landbousektor moet ernstig besin oor watter invloed die grondkwessie op sy toekomstige ekonomiese bydrae het,” meen dr. Tobias Doyer, landbouhoof van Santam. Tans dra dié sektor tussen 2,6% tot 2,8% tot die BBP by. Doyer raam op die pad wat grondhervorming tans is, met produksie wat verloor word weens onvoldoende staatsbeleide, kan ’n oordrag van ’n derde van produktiewe plase in Suid-Afrika die landbou se bydrae tot BBP met sowat 0,9 persentasiepunte snoei.

“Hoe armer mense is, hoe groter is die moontlikheid dat hulle in opstand kom. Wanneer dít gebeur, gaan die president van Suid-Afrika, wie dit ook al is, aanvoer dat ’n 30%-skuif van grond teenoor ’n verlies van byna 1% van die ekonomie moet gebeur – mits die huidige stand van sake volgehou word,” het Doyer gesê. Hy was ’n spreker by Wynkelders SA se kongres op Stellenbosch.

Doyer was voorheen uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer (LBK).

In die verlede het landbou nie net ’n groter bydrae tot die BBP gemaak nie (in die 1950’s het dit soms tot 13% tot die ekonomie bygedra), maar die landbousektor het regstreekse toegang tot die regering gehad. Dié toegangslyn is afgebreek. “Dít sal dringend opgebou moet word om die sektor se swak beeld te verander,” meen Doyer.

Produsente word weens die wêreldtekort aan voedsel gedwing om produksie te laat toeneem en landbougroei is noodsaaklik vir die groei van die res van die ekonomie.

Prof. Nick Vink, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, het aan Sake24 gesê dit bly ’n kwessie wat landbou-ekonome kwel as landbouproduksie nie met die oordrag van grond voortgaan nie.

“Die grondhervormingsprogram, soos dit nou staan, is ’n ramp. Amptelik is nog net sowat 4% van die doelsyfer oorgedra. In ’n stadium sal dié syfer by die BBP ingereken moet word, maar die tempo waarteen oorgedra word, is só stadig dat die berekeninge tyd sal neem,” meen hy.

Hoe grond nou oorgedra word, beteken dat produksie verloor word.

Growwe ramings vanaf die departement van grondsake dui daarop dat meer as 50% van die grond wat oorgedra word, nie weer volhoubaar produseer nie.

BBP-verliese kan nooit weer opgebou word nie. Hoewel die landbou se bydrae tot BBP taan, bly die sektor egter groei. Vink meen dít is gesond, want die plaaslike landbousektor stel steeds die res van die ekonomie, soos voedselvervaardiging en kleinhandel, in staat om te kan groei. ’n Geval soos Ethiopië, waar landbou sowat 95% tot BBP bydra, is ongesond. Waar landbougroei wel vinniger as die res van die ekonomie behoort te wees, is by uitvoer, sê hy.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae