Beeld| Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finweek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Idees | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans

Só gaan Indië wêreld-toneel herskik
Sedert 2003 groei die ekonomie van Indië met 'n verstommende pas van sowat 9% per jaar.
Donker wolke hang oor ekonomie
Die donker groei- en inflasiewolke oor die ekonomie gaan nie gou wyk nie.
tsp

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Warm Nuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Wêreldnuus
  Marknuus
  Eiendomme
  Landbou
  IT - Sake
  Algemene Sakenuus
  Rubrieke
  Begroting
  Maatskappy-resultate
  Veilings
In diepte
  Entrepreneursake
  Rubrieke
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Hulpmiddels
  Gratis Nuusbrief
  Spogeiendomme
Vennote
  Finweek
  Landbouweekblad
Fin24
Mboweni wants higher rates
SA needs private sector boost
Slow but steady for Reunert
Beeld
'Beskerm ons teen misdaad!'
Een dood, 88 beseer in Pta-busongeluk
‘Ons gaan julle nou ook slaan’
News24
Mom dies 3yrs after spider bite
Armed men rob bank customers
Alex violence flares up again
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
SABMiller gaan brou nou ook in Oekraïne
08/05/2008 22:47  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Cecile Nel

Die bierreus SABMiller het nou ook Oekraïne betree.

Die groep het gister aangekondig dat hy pas ’n 99,84%-belang in ’n brouery daar met die naam CJSC Sarmat verkry het.

SABMiller het nie die koopprys bekend gemaak nie, maar het wel gesê die brouery se bruto bates is sowat $130 miljoen werd.

Sarmat is een van die grootste brouerye in Oekraïne. Dit bedryf een brouery, met ’n brouvermoë van 2,9 miljoen hektoliter jaarliks, in Donetsk in die ooste van die land en produseer die Sarmat-, Dnipro- en Drive Max-handelnaam-biersoorte.

Die oorname is steeds onderworpe aan die sekere goedkeurings, wat toestemming van die Oekraïense mededingingsowerhede insluit.

Oekraïne word beskou as een van die wêreld se snels groeiende biermarkte met ’n vierjaar-groeikoers van 14% per jaar tot 2006.

SABMiller staan reeds sterk in die ooste van Europa en sy biervolume-verkope het daar, luidens die groep se mees onlangse handelsverklaring vir die jaar tot 31 Maart, met 8% gegroei.

Biervolume in Roemenië het met 28% gegroei en in Pole het dit 10% groei getoon.

Mnr. Alan Clark, besturende direkteur van SABMiller Europa, het in 2006 aan Sake24 gesê Wes-Europa is minder aantreklik vir oornames omdat dié mark reeds ryp en in ander maatskappye se hande is.

“Oos-Europa hou egter steeds geleenthede . . . álmal stel in die Oekraïne belang,” het hy destyds gesê.

Hy was gister verheug om dié verkrygingsaankondiging te doen.

“Die Oekraïense biermark het uitmuntende uitbreiding in onlangse jare getoon, gedryf deur sterk ekonomiese groei, maar dit is steeds agter ander Sentraal- en Oos-Europese lande in terme van bierverbruik per persoon,” het hy luidens ’n verklaring gesê.

SABMiller het reeds Europese brouerye in onder meer Hongarye, die Tsjeggiese Republiek, Italië, Pole, Roemenië, Rusland en Slowakye. Die groep maak volgende week Donderdag sy finansiële jaarresultate bekend.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Vind
  Versekering
  Internasionale Lotto
  Top Afrikaanse boeke

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Nuwe Geskiedenis van SA
Géén Suid-Afrikaanse huis behoort sonder hierdie meesterstuk te wees nie. Die kwaliteit is onverbeterlik en 'n meer omvattende bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis sal jy nêrens kry nie. - Dis geskryf deur 31 kenners en is die eerste omvattende geskiedenis sedert 1991.


Sake24
  Tito waarsku nuwe regering nou al
  Sasol verwag laer brandstofproduksie
  Duur olie hou SAL in rooi, al is 2 000 werkers weg

Volksblad
  LUR moet R10 m. opdok
  Nuwe kompetisie begin vandag
  Moontlike aanvalle afgeweer



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae