Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6300 Rand/£: 15.1800 Rand/€: 11.9900 Gold $/oz: 929.12 Platinum $/oz: 1735.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
'Krugerpark was my huis; waarheen nou?'
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Obama draws 200 000 in Berlin
Robbed singer 'prayed out loud'
Steyn has fractured thumb
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
Nog ’n Tiger Brands-filiaal vir kartelgedrag beboet
10/05/2008 07:44  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

JB Styan

Die farmaseutiese filiaal van Tiger Brands, Adcock Ingram Critical Care, se boete van meer as R53 miljoen weens sy betrokkenheid by ’n kartel is ’n verleentheid vir die groep.

Mnr. Peter Matlare, nuwe uitvoerende hoof, sê hulle is uiters ontsteld oor die gebeure en die nodige dissiplinêre stappe sal volg.

Die Mededingingskommissie het gister dié boete bekend gemaak en gesê dit verteenwoordig 8% van Adcock se omset.

Dis nie die eerste keer dat Tiger Brands hom in dié posisie bevind nie, aangesien hy ook verskoning moes maak vir sy broodfiliaal, Albany, wat ook by kartelvorming betrokke was.

Albany is ’n boete van bykans R100 miljoen opgelê weens sy betrokkenheid by die vasstelling van broodpryse op sowel provinsiale as nasionale vlak.

Mnr. Lex van Vught, voorsitter van Tiger Brands, sê weens die boete is die top-40 mense in die groep se bonusse gehalveer.

Altesame 28 mense was by die broodprys-skandaal betrokke.

Vier was al weg toe dit op die lappe gekom het en die ander is beboet met ’n kwart van hul jaarlikse salarisse en ’n waarskuwing.

Van Vught sê die verkope van Albany-brood is nie deur die skandaal geraak nie en Tiger het nie van sy markaandeel prysgegee nie.

In die nuutste skandaal het Adcock met mededingers saamgespan deur tenders te bewimpel en die mark onderling te verdeel.

Die betrokke partye is Adcock en nog twee maatskappye in die farmaseutiese bedryf, Dismed en Thusanong.

Fresenius Kabi (FKSA) het vrywaring van vervolging onder die korporatiewe toegeeflikheidsbeleid van die kommissie ontvang.

Die maatskappye het na be?wering tenders vir mediese toerusting vir staatshospitale bewimpel.

Die departement van gesondheid het vroeër gesê Adcock Ingram Critical Care het R117,5 miljoen ontvang van ’n tender vir toerusting wat verband hou met binne-aarse voeding.

Dismed het R89 miljoen ontvang en FKSA R459,5 miljoen.

Matlare sê Tiger Brands was nie deel van dié onmededingende gedrag nie.

“Ons is baie jammer oor die voorval, maar dit was iets wat buite Tiger Brands se beheer plaasgevind het . . . ”

Tiger Brands het geen skuld aanvaar nie en is bloot betrek omdat hy die beherende maatskappy is.

Mnr. Arthur Barnett, bestuurshoof van Adcock, is sedertdien geskors.

Die res van die groep word steeds ondersoek om vas te stel of daar nog moontlike oortredings gepleeg word.

Me. Lee Mendelsohn van Edward Nathan Sonnenbergs is aan die hoof van die ondersoek.

“Mededingingswetgewing is vir baie maatskappye nog ’n grys gebied. Maatskappye weet hulle moet senuweeagtig wees, maar hulle is nie presies seker waaroor hulle senuweeagtig moet wees nie,” het sy gesê.

“Maatskappye kan die wette oortree sonder dat hulle daarvan bewus is dat hulle dit doen,” het sy gesê.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae