Beeld| Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finweek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Idees | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans

Coega-projek kyk verder as Eskom
Die Coega-projek sal nie sy toekoms in die hande van Eskom plaas nie.
‘Olie te hoog geskat, dog sal nie tot $80 daal’
Olie is fundamenteel oorgewaardeer.
tsp

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Warm Nuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Wêreldnuus
  Marknuus
  Eiendomme
  Landbou
  IT - Sake
  Algemene Sakenuus
  Rubrieke
  Begroting
  Maatskappy-resultate
  Veilings
In diepte
  Entrepreneursake
  Rubrieke
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Hulpmiddels
  Gratis Nuusbrief
  Spogeiendomme
Vennote
  Finweek
  Landbouweekblad
Fin24
Power price: Find a compromise
BEE deal gets the thumbs up
JV bags R2.9bn Eskom contract
Beeld
Oscar se pad oop Beijing toe
Rowers skiet hom 4 keer in sy huis
Datum vir Zim-uitklopverkiesing bekend
News24
Oscar can't stop smiling
'Alex violence must be stopped'
ANC: SA can't afford power hike
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
Jasco-resultate toon 25%-plus groei in omset
12/05/2008 03:23  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Visser

Die elektroniese en kommunikasiegroep Jasco het sy omset met meer as ’n kwart tot oor die halfmiljardrand-merk opgestoot. Dit is die gevolg van vier jaar se toegewydheid aan ’n strategie van fokus op kern-groeisektore in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Jasco se afdelings sluit in telekommunikasie, huishoudelike produkte en sekuriteit. Dit is veral die sekuriteitsafdeling wat sy bydrae tot die groep se omset en veral bedryfswins wesenlik verbeter het.

“Vier jaar gelede het ons ons verbind tot ’n kernstrategie van verkrygende en organiese groei en om ’n gediversifiseerde groep met sterk groeistrategieë daar te stel,” sê mnr. Martin Lotz, uitvoerende hoof.

“Die afgelope jaar het die sukses van ons diversifiseringstrategie sterk deurgeskemer deurdat ons in staat was om die uitwerking van moeilike en veranderende markte op verskeie terreine van ons onderneming die hoof te bied.”

Volgens hom sal Jasco voortgaan om na moontlike oorname-teikens te kyk, maar daar moet “in gedagte gehou word dat hy pas ’n groot transaksie gedoen het en dit eers moet verteer”.

Dié transaksie verwys na Jasco se verkryging van ’n belang van 34% in die kabelvervaardiger M-Tec van Jasco se bemagtigingsvennoot CIH vir ’n bedrag van R214,1 miljoen.

AfroCentric, ’n ander bemagtigingsgroep, sal ’n belang van 34,9% in Jasco teen tussen R98,4 miljoen en R99 miljoen van CIH verkry. CIH sal op sy beurt ’n belang van 34,7% in AfroCentric verkry en ’n direkte belang van 24% in Jasco behou.

Lotz verwag dat die jaar wat voorlê positief vir die groep sal wees. “Ons verwag voortgesette groei in ons telekommunikasie-afdeling en ’n voortsetting van die gevolge van die omdraai-strategie in die sekuriteitsafdeling. Hoewel die huishoudelike-produkte-afdeling in moeilike handelsomstandighede sake doen, behoort die uitbreiding van ons produk-reeks en klantebasis ons in staat te stel om ons prestasie van die 2008-boekjaar te handhaaf.”

- Omset: R519,1 miljoen (+28,4%)

- Bedryfswins: R49,5 miljoen (+25%)

- Nabelaste wins: R33,5 miljoen (+27,9%)

- Wesensverdienste per aandeel: 49c (+29%)

- Dividend per aandeel: 16c (+23%)

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Vind
  Versekering
  Internasionale Lotto
  Top Afrikaanse boeke

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Nuwe Geskiedenis van SA
Géén Suid-Afrikaanse huis behoort sonder hierdie meesterstuk te wees nie. Die kwaliteit is onverbeterlik en 'n meer omvattende bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis sal jy nêrens kry nie. - Dis geskryf deur 31 kenners en is die eerste omvattende geskiedenis sedert 1991.


Sake24
  Eskom gee konsortium R2,9 miljard-kontrak
  Kragkonferensie soek oplossing
  Rekordprys vir blou diamant

Volksblad
  Skokfonds in winkel
  Man moet jaar sit oor wild
  Afgebrande huis word gefynkam



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae