Mnr. Roger Jardine, voormalige uitvoerende hoof van Kagiso Media, sal vanaf 7 Julie die leisels oorneem van die konstruksiereus Aveng.
Hy volg in die skoene van mnr. Carl Grim wat einde Maart afgetree het ná sowat ’n dekade as uitvoerende hoof.
Jardine het ’n MSc-graad behaal aan die Wayne-universiteit in die VSA, waarná hy die ANC se kantoor vir wetenskap en tegnologie gekoördineer het.
In 1995 is hy vir vyf jaar aangestel as direkteur-generaal van die departement van wetenskap en tegnologie, waarná hy die sakewêreld betree het.
Hy was vir sewe jaar uitvoerende hoof van Kagiso Media en is in 2006 aangestel as bedryfshoof van Kagiso Trust Beleggings.
Jardine is ook nie-uitvoerende direkteur van First Rand en was voorsitter van die WNNR en Kern-energiekorporasie (Necsa).
Aveng het gesê mnr. Angus Band sal tot 7 Julie aanbly as uitvoerende voorsitter, maar wou nie kommentaar lewer op hoe die struktuur daarná sal uitsien nie. - Sens