Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.5800 Rand/£: 15.1200 Rand/€: 11.9100 Gold $/oz: 925.85 Platinum $/oz: 1728.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27112.73 Top 40: 25205.57 FNDI 30: 22825.07 Gold Mining: 2195.43 Resource 20: 57268.00 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
SA belange laat Investec steeds goeie wins maak
16/05/2008 08:23  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner


Investec se Suid-Afrikaanse bedrywighede het in die jongste boekjaar die wa deur die drif getrek vir die beleërde finansiële groep.

Investec loop deur onder negatiewe internasionale stemming en moes reeds sowat R500 miljoen afskryf weens sy blootstelling aan subprima produkte.

Gister se resultate wys dat Suid-Afrika se winsbydrae tot einde Maart ?340 miljoen (R4,9 miljard) bedra het, 26,5% hoër vergeleke met die vorige boekjaar. Daarenteen was groei in die Britse mark net marginaal hoër teen 1,6% op ?164,6 miljoen (R2,4 miljard).

Die Suid-Afrikaanse belange het 63,2% van die totale winsbydrae gelewer en die Britse en Australiese belange saam 36,8%.

Mnr. Stephen Koseff, uitvoerende hoof, sê Britse belange is negatief geraak deur die moeilike kredietomstandighede in interna?sionale markte. “Daarenteen het Suid-Afrika en Australië verdienste laat groei.”

Suid-Afrika kan hom op die skouer klop oor sy bydrae, maar dit was steeds nie genoeg vir die ontleders nie. Investec se totale voorbelaste bedryfswins was 15% hoër op ?537,7 miljoen ($1,05 miljard), maar laer as die ?551 miljoen wat gemiddeld deur ontleders voorspel is.

Investec se stewige winsgroei onder moeilike omstandighede word nie weerspieël in die aandeelprys nie, wat eergister opnuut tot die laer verhandelingsvlakke afgedruk is.

Gistermiddag ná die bekendmaking van die resultate was Investec op die JSE weliswaar 79c of 1,43% stewiger op R56,19. Die aandeelprys het in Maart tot R47,50 gedaal.

Deutsche Sekuriteite sê in ’n navorsingsverslag Investec bly sy gunstelingaandeel in die banksektor. Teen sy huidige markwaarde beskik dit oor opwaartse potensiaal van meer as 80%.

Investec het in Mei verlede jaar teen R103 verhandel, maar verhandel nou teen ’n baie lae prys-verdienste-veelvoud ??(p/v) van 6,8.

Die resultate wys dat Investec se filiale vir kapitaalmarkte en bankbeleggings die volle teenwinde van die wisselvallige markte ervaar het. Kapitaalmarkte se winsbydrae was 1,3% swakker op ?115,8 miljoen (R1,7 miljard) met bankbeleggings teen ’n daling van 15,2% nog swakker daaraan toe op ?77,3 miljoen (R1,1 miljard).

Beleggings vir private kliënte, insluitend by Investec se private-bankfiliaal, het steeds die leeue-aandeel bygedra met ’n winsstyging van 9,8% tot ?193,7 miljoen (R2,8 miljard).

Die troebel internasionale omgewing het op die oog af min uitwerking op inkomste- en voorskotgroei gehad. Die totale inkomste in die boekjaar was 26% stewiger op ?1,484 miljard (R21,2 miljard). Veral rente-inkomste het volstoom gewerk en was 69,6% hoër op ?583,4 miljoen (R8,3 miljard). Koste en heffings was meer gedemp op ?521,5 miljoen (R7,5 miljard), 5,7% hoër as in 2007.

En ongeag die negatiewe marksentiment is derdeparty-bates onder bestuur steeds 10% hoër op R876 miljard, maar 3,4% laer in pond op ?54,2 miljard, hoofsaaklik weens die swakker rand.

En les bes, ’n finale dividend van 13,5p (202c) is verklaar, wat die dividend vir die voljaar op 25p (361,5c) te staan bring, ’n styging van 13,7% in rand.

Volgens Investec is die meeste van sy teikens gehaal.

Dit sluit in ’n opbrengs op aandeelhouersgeld van 23,6% (teiken is hoër as 20%); ’n dividenddekking van 2,3 keer (teiken is 1,7 tot 2,3 keer); kosteverhouding 56,1% (teiken is kleiner as 65%) en kapitaaltoereikendheid tussen van 12% en 15%.

Die aangepaste verdienstegroei per aandeel van 6,8% tot 56,9p is egter laer as die teiken van 10%-groei bo Britse kleinhandelinflasie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae