Legents ’n egte metroman plek
Daar is niks vroulik aan Legents Grooming Lounge nie - dit is nou benewens die vroue wat hier as stiliste hul deel bydra. Dit 'n salon eksklusief vir mans.
Wag totdat die mark omswaai
Ondanks enorme finansië ondersteuningspakkette en rentekoersverlagings het paniek steeds hoogty gevier in aandelemarkte. Dan is kontant koning.
Untitled Document
Rand/$: 9.4200 Rand/£: 15.9300 Rand/€: 12.5200 Goud $/ons: 847.40 Platinum $/ons: 987.50 Platts Brent Olie: 78.59
JSE VANDAG: All Share: 20595.23 Top 40: 18641.17 FNDI 30: 19394.93 Gold Mining: 1898.59 Resource 20: 36874.58 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: PURPLE 29+45.00% · WESCOB 297+41.43% · CAPEMP 70+18.64% · AQUARIUS 3315+18.39% · DRDGOLD 470+17.50% · VERLOORDERS VANDAG: PLACECOL 20-31.03% · AWETHU 8-27.27% · SANTOVA 4-20.00% · IMUNITI 4-20.00% · ABSOLUTE 4-20.00% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Worst week ever on Wall St
JSE 'bottoming out'
SA at risk, warns IMF
Beeld
Klofie-foto's was 'banaal'
Rowers skiet ma van twee dood ná biduur
Skurke jaag met motor uit handelaar
Volksblad
Cheetaahs!
Carike in botsing in Karoo
Porno op foon skok vrou
News24
ANCYL branch: Malema a danger
Lekota bodyguard 'abducted'
Motlanthe 'not against probe'
Gister se gewildste Artikels
Kliphuis in Pretoria is beste in land
Tito doen die regte ding
Swakker wêreldgroei kan SA swaar tref
JSE leef swaar
Rentekoerse bly onveranderd
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
Lafarge se nuwe aanleg by Mafikeng van die baan
24/07/2008 21:39  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Antoinette Slabbert

Planne vir ’n nuwe sementaanleg van R3,2 miljard buite Mafikeng is van die baan nadat die Egiptiese belegger deur ’n plaaslike vennoot “mislei” is.

Mnr. Albert Corcos, uitvoerende hoof van die internasionale sementvervaardiger Lafarge se Suid-Afrikaanse bedrywighede, het gister tydens ’n mediabesoek aan die groep se nuwe sementmeule by Randfontein gesê planne vir die aanleg in Mafikeng is gestaak.

Die Egiptiese sementreus Orascom het byna ’n jaar gelede bekend gemaak hy gaan ’n moderne sement-aanleg bou met ’n produksievermoë van 2 miljoen ton per jaar.

Die totale sementverbruik in Suid-Afrika is sowat 15 miljoen ton.

Tydens konstruksie sou 1 400 mense op die perseel werk en 400 tot 500 permanente poste sou geskep word.

Die aanleg sou vroeg in 2010 in bedryf wees.

Die transaksie het gevolg nadat die Suid-Afrikaanse departement van handel en nywerheid Orascom met die voorstel genader het, het Orascom destyds gesê.

In Desember verlede jaar het Lafarge Orascom oorgeneem, maar toe nog aangedui dat hy met die Mafikeng-planne voortgaan.

Volgens Corcos het die ooreenkoms met Orascom egter bepaal dat die plaaslike vennote vir die nodige prospekteerregte sou sorg.

Hy het nie gesê na watter vennoot hy verwys nie, maar in die oorspronklike aankondiging is aangedui dat 32,5% van die nuutgestigte Mafikeng Cement Company gehou is deur die Barolong-Boo Rapulana tradisionele raad en die Barolong-Boo tradisionele raad namens hul gemeenskappe, asook die Osman-familietrust, Bazanfamilietrust, Lezak-familietrust en Redsun Enterprises.

Hy het gesê die Mafikeng-munisipaliteit en Orascom is mislei en die prospekteerregte het nie gerealiseer nie.

“Lafarge het aan die Mafikeng-munisipaliteit gesê ons stel steeds belang in die projek, maar nie met dié vennote nie.” Tot dusver het die projek nie herleef nie.

Corcos het gesê Lafarge oorweeg ander persele vir verdere uitbreiding, maar daar is nog heelwat ruimte om sy huidige aanleg in Lichtenburg verder uit te brei. “Die vraag is egter of ons geografies wil uitbrei om ander markte te bedien.” Dít sal volgens Corcos bepaal waar die perseel vir Lafarge se toekomstige uitbreidings is.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae