Gordynwas hul saak en vryheid
Wat laat twee beroepslui die korporatiewe wêreld vaarwel toeroep sodat hulle mense se gordyne kan skoonmaak?
Aksie is nou by banke...
Die aandelemark is nog wisselvallig. Een van die vernaamste redes is dat die indeks van die top-40-aandele swaar gelaai is met hulpbronverwante aandele.
Untitled Document
Rand/$: 7.9400 Rand/£: 14.0200 Rand/€: 11.3900 Gold $/oz: 802.80 Platinum $/oz: 1361.00 Platts Brent Oil: 105.05
JSE VANDAG: All Share: 25416.67 Top 40: 23185.31 FNDI 30: 22939.94 Gold Mining: 1635.63 Resource 20: 48468.88 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
More pain for platinum stocks
Mboweni pay hike 'appalling'
Seardel takes it on the chin
Beeld
Nóg 'n Beijing-blaps
Man huil toe hy vrou se brief voorlees
Australiër verdwyn in Johannesburg met pa se verjaardag
Volksblad
Bok-skouspel in BFN
Kuierfees blom weer
Springer val seer
News24
Cop held for R4m stolen goods
Protest outside NPA offices
Federer reaches US Open final
Gewildste Artikels
Eskom-finansman glo moeg gesukkel
Nóg ’n grond-wet duik in hek
PetroSA gaan in Venezuela snuffel vir swart goud
Net swaar voertuie kom nog die bult uit in tam voertuigmark
Parkeer en betáál is die wet van . . . Kaapstad
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
Solidariteit trek alle aanklagte teen Investec terug
24/07/2008 21:37  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner

Die vakbond Solidariteit het gister alle aanklagte teen Investec oor binnehandel teruggetrek en gaan nie meer vra dat die Raad op Finansiële Dienste (RFD) die saak bekyk nie.

Dít volg op gesprekke tussen mnr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, en mnr. Hendrik du Toit, uitvoerende hoof van Investec Batebestuur.

Volgens Hermann het Investec die konteks van die maatskappy se optrede verduidelik. “Ons is daarvan oortuig dat geen misleidende optrede plaasgevind het nie.”

Solidariteit het die RFD vroeër versoek om ondersoek in te stel of Investec doelbewus probeer het om sy aandeelprys te beïnvloed in afwagting van die inflasiemandjie-kritiek later.

Investec se inflasiekritiek het gister verdere opslae gemaak toe mnr. Tito Mboweni, president van die Reserwebank, opnuut kritiek op die finansiële groep uitgespreek het.

Mboweni het in ’n televisie-onderhoud Investec daarvan beskuldig dat hy monetêre beleid wil vooruitloop deur die Reserwebank te dwing in ’n sekere siening oor rentekoerse.

“Investec sal nou moet verduidelik aan die RFD,” het Mboweni benadruk.

Du Toit het vanuit Londen gesê daar was nog nooit enige verband tussen aandele-aankope deur Investec se topbestuur en die kritiek op die inflasiesyfers nie. Solidariteit se aantygings berus op valse gronde.

“Die stygings in bankaandele wêreldwyd ná die aankope het meer te make gehad met destydse uitsprake deur die Federale Reserweraad in die VSA en die dalende olieprys.”

Volgens Du Toit is bankaandele wêreldwyd laag en is dit direkteure se prerogatief om te koop wanneer hulle wil. Daar is trouens nie altyd die geleentheid om dit te kan doen nie, soos wanneer geslote tydperke geld, het hy benadruk.

“Die inflasiedebat is iets heel anders.”

Laer inflasie is goed vir ’n ekonomie. Die rede vir Investec se kritiek op die ou mandjie en vertraagde inwerkingstelling van die nuwe is dat stygende inflasieverwagtinge ’n groot gevaar vir enige ekonomie inhou.

“Indien dit te laat aangepak word, is baie pyn nodig om dit later in bedwang te bring,” het Du Toit gesê.

Hermann sê Solidariteit het hom nog nooit as ’n kenner van aandeleverhandelings voorgehou nie. “Juis daarom het ons die RFD gevra om dit te ondersoek aangesien dit vir ons gelyk het of Investec verkeerd opgetree het.”

Hy sê die fokus sal voortaan val op die ongeloofwaardigheid van huidige inflasiesyfers. “Investec het onderneem om ons daarmee te help.”

’n Woordvoerder van die RFD het gesê normaalweg ondersoek die RFD eers aandeletransaksies nadat hulle deur die JSE se toesighoudingsafdeling oor moontlike verdagte transaksies ingelig is.

Hy is nie bewus daarvan dat die JSE sodanige inligting oor die Investec-transaksies oorgedra het nie.

Investec-direkteure het op 11 Junie begin aandele aankoop nadat Investec se aandeelprys die afgelope jaar meer as die helfte van sy waarde verloor het. Normaalweg word dit in die mark vertolk as ’n teken van vertroue in ’n maatskappy wat onder ’n negatiewe stemming deurloop.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae