Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4800 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
New frenzy over team Obama
Cops bust ATM bomb syndicate
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
ENB mik met sy borgskap na die hart en siel van Afrikaans
18/08/2008 00:43  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Wilma de Bruin

“Mense is honger vir Afrikaans. Veral jong mense het deesdae betekenisvolle koopkrag. Die hartklop van die Afrikaanssprekende is sterker as ooit.”

Só sê me. Ilse Smuts, bemarkingsbestuurder van Eerste Nasionale Bank (ENB) se Core Banking Solutions.

Dié finansiëledienstegroep het opnuut vanjaar sy steun as een van die hoofborge van die Pendoring-reklamewedstryd en -projek gegee en beoog om as deel van die Pendoring-span ’n daadwerklike rol te speel in die uitbou van die grootste Afrikaanse reklameprojek in sy soort.

“Afrikaanssprekendes is ’n baie belangrike deel van ENB se kliëntebasis. Hulle stel kommunikasie en dienslewering in hul moedertaal baie hoog op prys. Daarom is dit vir ons belangrik om nie net in Afrikaans met ons kliënte te kommunikeer nie, maar om ook die behoud en bevordering van die taal sodoende te ondersteun. Ons eie strewe na uitnemendheid en vindingrykheid vind aanklank by projekte soos Pendoring,” verduidelik Smuts.

ENB is en bly trots Suid-Afrikaans, beklemtoon sy. “ENB is baie positief oor die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse reklamelandskap. Daar is beslis ’n oplewing op dié gebied te bespeur.

Afrikaanssprekendes lewer ’n sinvolle bydrae tot die ekonomie. Afrikaans as taal beleef ’n oplewing – ons sien dit in die baie nuwe Afrikaanse musiekvrystellings, konserte en verhoogproduksies.”

Wanneer Afrikaans in reklameveldtogte gebruik word, dring adverteerders deur na die hart van hul Afrikaanssprekende teikenmark, glo sy. “Dit is ’n belangrike boodskap wat Pendoring al 14 jaar lank suksesvol by Afrikaanssprekendes tuisbring: Afrikaans is veel meer as ’n taal – dit is ’n leefwyse.”

Die besluit om as borg betrokke te raak en te bly, word in ’n finansiële instelling soos ENB gewis nie op emosionele gronde geneem nie, sê mnr. Dawid Brand, Pendoring-koördineerder.

“Suiwer sakebeginsels word toegepas en berekeninge word gemaak voordat sulke verbintenisse aangegaan word – ’n bewys daarvan dat ENB nie bloot die reklamewaarde van Pendoring besef nie, maar ook die uitwerking van Afrikaans en Afrikaanssprekendes op die Suid-Afrikaanse ekonomie verstaan.”

Volgens Smuts maak Afrikaanssprekendes ’n betekenisvolle persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking uit en beskik ook oor ongeveer ’n kwart van die koopkrag in die land.

“Boonop is Afrikaanssprekendes naas Zoeloe- en Xhosasprekendes die grootste taalgroep in die land. Afrikaanssprekende verbruikers begin toenemend lojaliteit toon teenoor ondernemings wat respek het vir hul kliënte se taalvoorkeure.”

Ongelukkig is maatskappye wat só daaroor dink, in die minderheid. Dikwels probeer maatskappye hul kliënte ’n rat voor die oë draai deur ’n veldtog in Afrikaans te vertaal, maar gebruik dan die Engelse slagspreuk, sê mnr. Wimpie le Roux van Draftfcb, ENB se reklameagentskap. “Maatskappye bestee tyd en geld daaraan om in mense se moedertaal te kommunikeer, maar wanneer die slagspreuk in Engels is, laat dit ’n onaangename nasmaak in mense se mond. Dit kan die kommunikasie negatief beïnvloed.”

Smuts sê Afrikaanssprekendes waardeer dit wanneer maatskappye hoëgehalte-reklame in hul moedertaal gebruik.

“ ’n Maatskappy kan uitmuntende produkte of dienste lewer, maar indien hulle nie hul voordele doeltreffend kan oordra nie, sal hulle eenvoudig nie so suksesvol wees nie.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae