Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
Ou Mutual steek toon in Chinese water
21/08/2008 23:46  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner

Ou Mutual is weer op die oornamepad, dié keer in die gesogte Chinese mark.

Die Belgiese Fortis-groep gaan sy belang van 49% in die Chinese ABN Amro Teda-fondsbestuursgroep (Aateda) vir €165 miljoen (sowat R1,8 miljard) aan Ou Mutual verkoop.

Mnr. Steffen Gilbert, hoof van Ou Mutual se Asiatiese belange en voormalige uitvoerende hoof van Santam, het gesê die transaksie maak vir Ou Mutual deure oop. Hy bedryf sake vanuit die streekhoofkantoor in Hongkong.

Dit is die eerste keer dat Ou Mutual ’n belang in die Chinese batebestuursmark bekom. “Ons wil verder in die Chinese mark groei en bring innovering en kundigheid na die land.”

Batebestuurders wat in China belê, word gewoonlik tot belange van 25% beperk. Geleenthede soos dié doen hulle dus nie aldag in China voor nie, sê Gilbert.

ABN Amro Batebestuur en die Chinese staatsbeheerde Teda-groep bestuur Aateda saam. Die totale bates beloop meer as R23 miljard.

Die Chinese ABN Amro-belang het in Fortis se skoot beland nadat Fortis ABN Amro in Oktober verlede jaar as deel van die konsortium met die Royal Bank of Scotland (RBS) oorgeneem het.

Dit was die grootste bankoorname tot dusver, maar het in omstredenheid verval nadat Fortis se aandeelprys in reaksie op die wêreldwye subprima-debakel getuimel het. Fortis se voormalige uitvoerende hoof het ook daaroor sy pos verloor.

Volgens Fortis word hy verplig om een van sy Chinese ondernemings te verkoop. Dis ’n reguleringsvereiste.

Fortis moes kies tussen Teda en Fortis Haitong. Albei is winsgewende maatskappye.

Ou Mutual se ander belange in China is ’n gesamentlike onderneming met ’n staatsbeheerde batebestuursgroep om Skandia-gekoppelde produkte te verkoop. Effektetrusts word ook in die Australiese mark verkoop, terwyl Ou Mutual ’n belang van 26% in Indië deur Kotak Mahindra Ou Mutual hou. Die premie-inkomste in dié land neem sterk toe.

Ou Mutual voel egter dwarswinde in Asië weens die wisselvallige markte. Sy bedryfsverlies in dié streek het in die laaste ses maande van ₤1 miljoen tot ₤8 miljoen vergroot. In Australië was dit tussen 42% en 77% swakker. Die bates onder bestuur in Asië was 8% minder op ₤6 miljard.

Ou Mutual se aandeel het gistermiddag 34c of 2,46% swakker op R13,50 verhandel. Dit is binne trefafstand van die jaar-laagtepunt van R12,80 wat verlede maand aangeteken is.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae