Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
OMC-pantservoertuie verstom buitelandse klante steeds
26/08/2008 02:36  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Erika Gibson

BAE Systems Land Systems OMC lewer tans 10 voertuie per dag vergeleke met 1 begin verlede jaar.

Altesame 80% van sy sake is uitvoer, maar hy bly verbind tot Suid-Afrika en dienslewering aan die Suid-Afrikaanse weermag.

Dít is hoe mnr. Johan Steyn, OMC in Benoni se besturende direkteur, gister die onderneming se fenomenale groei die afgelope paar jaar opgesom het.

Steyn het op ’n mediavoorligtingsessie gesê Suid-Afrika word steeds beskou as een van die ses sterkste markte van die onderneming wat pantservoertuie vir lande soos die VSA en Kanada vervaardig.

OMC word tans gereken as die derde grootste van sy soort ter wêreld. Honderde van sy voertuie vervul ’n sleutelrol in die oorloggeteisterde Irak en Afganistan.

Die gehalte van die voertuie spreek uit etlike voorbeelde waar die voertuie ploftoestelle afgetrap en erg beskadig is, maar die insittendes sonder enige beserings daarvan afgekom het.

Volgens Steyn moes OMC in die 1990’s toe dit duidelik geword het dat die groot wapenopgraderingspakkette van die weermag op die vloot en die lugmag gaan konsentreer, ’n revaluasie van sy benadering tot die toekoms maak. “Ons het besluit om op ons sleutelvaardighede – pantservoertuie – te konsentreer, ’n globale vennoot te kry (BAE Systems) en ons bemarking op bepaalde markte toe te spits aangesien die weermag nie meer soos in die verlede ons vernaamste klant sou wees nie.

“Ons het gaan kyk wat die wêreldwye behoefte was en ons produkte daarby aangepas.”

Dit was die regte benadering op die regte tyd – net toe die Amerikaners in Irak begin betrokke raak en hul voertuie nie die mas kon opkom teen landmyne en ploftoestelle nie. Van 1999 het OMC se uitvoer hand oor hand toegeneem en sedert 2004 van R1 miljard tot R2,3 miljard in 2008 gegroei. Dit sal na verwagting R5 miljard beloop binne die volgende vyf tot sewe jaar.

In die proses is meer as 300 werkgeleenthede geskep, sowel as vaardighede onder die werkers gevestig om van een model se produksielyn ewe gemaklik oor te skakel na ’n ander na gelang van die bestellings.

Volgens mnr. Jacques Vos, OMC se bestuurder van ingenieursdienste, lê die geheim van die vervaardiger se sukses in die feit dat hy die klante se behoeftes in werkbare tegnologie omskep en dít in rekordtyd.

Die maatskappy se rekord om ’n unieke voertuig vanaf ontwerp tot finale produksiemodel te voltooi, is ses weke.

“Ons tipies Suid-Afrikaanse benadering van ‘can do’ verstom van ons oorsese klante en het deel van ons reputasie geword,” het Vos gesê.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae