Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4100 Rand/£: 15.4600 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Cop: Yengeni cover-up ordered
Bok and Brit forward battle
Nel's sentencing welcomed
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
Vodafone soek nóg mag in selfoonryk
10/10/2008 22:02  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Theunis Strydom

Vodafone klim dieper in, Telkom klim uit en groter mededinging kom in die telekommunikasiesektor.

Dit is wat ’n Vodafone-aanbod vir nóg ’n deel van Vodacom, Suid-Afrika se grootste selfoondiensverskaffer, tot gevolg kan hê.

Vodafone wil ’n verdere 15% van Vodacom se aandele bekom om sy belang op 65% te staan te bring.

Telkom en Vodafone hou in dié stadium elk 50% in Vodacom.

Die Vodafone-aanbod behels ook dat die res van Telkom se belang in Vodacom ontknoop en op die JSE genoteer word.

Die transaksie sal Telkom ook in staat stel om self die selfoondienstemark te betree en met MTN, Cell C en Vodacom, sy voormalige telg, mee te ding.

Ander in die telekommunikasiesektor het die aanbod verwelkom en meen dit sal die verbruiker bevoordeel.

“Ek glo die groter mededinging gaan die mark herskik en kliënte van meer keuses voorsien,” het mnr. Anton Potgieter, uitvoerende hoof van Huge Group, gister in ’n verklaring gesê.

“Uit ’n verbruikersoogpunt beskou, sal ons sien dat die vernaamste rolspelers (in die bedryf) binnekort dienste sal moet verskaf wat waarlik waarde toevoeg.”

Telkom-aandele het gister aanvanklik gunstig op die aanbod – en ’n verklaring deur Telkom dat sy direksie te vinde is vir die transaksie – gereageer.

Die Suid-Afrikaanse vastelyndiensverskaffer het met meer as 4% op die JSE opgeskiet in oggendverhandelinge terwyl die beurs in die geheel slae gekry het en meer as 4% laer was.

Telkom het egter weer teruggesak om uiteindelik net 0,18% stewiger op R108,50 te sluit.

Vodafone-aandele het in Londen skerp gedaal en was aanvanklik ’n volle 16% swakker op sowat 100p. Dié aandeel het egter later van die verlore veld teruggewen en laatmiddag teen meer as 110p verhandel.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae