Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
    Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
New frenzy over team Obama
Cops bust ATM bomb syndicate
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Maatskappye : MAATSKAPPYE : STORIE
 
Beleggers is opgewonde oor Reinet
13/10/2008 01:25  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Nellie Brand

Die totale bates van die nuwe Rupert-maatskappy, Reinet, gaan aanvanklik sowat R23,4 miljard beloop.

Die prospektus van die jongste maatskappy van die Rupert-familie is Vrydag net ná die mark se sluiting versprei.

Reinet is genoem na Graaff-Reinet, die geboortedorp van wyle dr. Anton Rupert, wat die Rupert-ryk uit tabak begin het.

Reinet het sy ontstaan uit die herstrukturering van Richemont, wat ook deur die familie beheer word.

Die grootste bate van Reinet is ’n gedeelte van Richemont en Remgro (nog ’n Rupert-maatskappy) se belang in die tabakmaatskappy British American Tobacco (BAT).

Beleggers het die afgelope twee maande angstig gewag op die prospektus. Daar heers taamlike opgewondenheid oor nóg ’n Rupert-maatskappy waarin beleggers kan belê. Die rede is die opbrengste wat die familie se maatskappye oor die jare gelewer het.

Reinet gaan in Luxemburg genoteer wees en deur depositobewyse op die Johannesburgse JSE.

Aandeelhouers in Richemont en Remgro gaan in ruil vir die belang in BAT wat deel van Reinet word, Reinet-aandele ontvang. Hulle kry ook later die reg om BAT-aandele vir nog Reinet-aandele te verruil.

Die maatskappy se aandelekapitaal bestaan uit twee kategorieë, bestuursaandele en gewone aandele wat deur aandeelhouers gehou word. Dié maatskappy se beleggings gaan deur die beleggingsvoertuig Reinet Fund gehou word. Die beleggingsdoelwit van Reinet Fund is kapitaalgroei oor die lang termyn.

Reinet gaan deur Reinet Investments Manager bestuur word. Dié onderneming word deur die Ruperts beheer.

Reinet-fonds gaan deur Reinet Fund Manager bestuur word, wat ’n duisend bestuursaandele in die fonds hou. Reinet Fund Manager word ook deur die Ruperts beheer.

Reinet Fund Manager het ’n beleggingsraadgewersooreenkoms met Reinet Investment Advisors Beperk, wat beleggingsvoorstelle aan die bestuur sal doen. Die beleggingsraadgewer gaan ook besit en beheer word deur Rupert-familiebelange. Die Reinet-maatskappy gaan Reinet Investment Manager en Reinet Fund Manager se uitgawes dra, asook aan eersgenoemde ’n jaarlikse tarief betaal. Die beleggingsraadgewer gaan ook ’n bestuurs- en prestasietarief ontvang.

Onder risiko’s word aandeelhouers daarop gewys dat die Rupert-familie ’n wesenlike invloed op die onderneming gaan uitoefen en “dit kan onderhewig wees aan ’n konflik van belange”. Dit is nuut gestig en het nie ’n bedryfsgeskiedenis nie.

Remgro se aandeelprys het Vrydag met R10 geval tot R167.

BAT het met sowat ₤2 gesak tot ₤14,68. Net Richemont het effens gestyg met 10c tot R34,30.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae