Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.5800 Rand/£: 15.1200 Rand/€: 11.9100 Gold $/oz: 925.85 Platinum $/oz: 1728.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27112.73 Top 40: 25205.57 FNDI 30: 22825.07 Gold Mining: 2195.43 Resource 20: 57268.00 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
    Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Marknuus : MARKNUUS : STORIE
 
Beleggers mis hulpbronvoordeel op JSE
07/05/2008 22:20  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner

Die vraag na hulpbronne laat die hulpbronindeks op die JSE nuwe hoogtes opsoek, maar die deursnee-Suid-Afrikaanse belegger deel nie daarin nie.

Dit is omdat die meeste effektetrust-bestuurders nou die hulpbronsektor vermy omdat dit as oorgekoop en te duur beskou word. Dit verlaag die opbrengste van die deursnee-effektetrustbelegger.

Die indeks van alle aandele het sedert sy laagtepunt van Swart Maandag op 23 Januarie tot sover vanjaar met 26% gegroei. ’n Nuwe hoogtepunt van 31 859 is op 16 April aangeteken, maar die groei in die indeks is baie eensydig.

Dit word feitlik op sy eie aangedryf deur die vraag na hulpbronaandele. Die indeks wat die prestasies van die top-20-hulpbronaandele meet, het sedert Swart Maandag met 44% opgeskiet met nuwe hoogtepunte in Maart en April.Daarenteen was die nywerheidsindeks net 18,3% hoër.

Die meeste algemene en gebalanseerde effektetrusts het sedert begin vanjaar hulpbronaandele verkoop of minstens hul blootstelling verminder. Die siening is dat die bulmark in kommoditeite sy loop geneem het nadat die hulpbronindeks sedert 2003 meer as verdriedubbel het.

Allan Gray Ekwiteit is ’n fonds wat dié besluit geneem het en het tans geen blootstelling hoegenaamd aan Anglo American en BHP Billiton nie.

Dié twee aandele is die reuse van die mark. Hul gesamentlike markwaarde van meer as R1,3 biljoen (duisend miljard) is 30% van die totale markwaarde van die JSE. Hoewel die siening bestaan dat hulle oorgewaardeer is, is hul onderskeie prys-verdienste-veelvoude (p/v’s) van 13,3 en 17,7 nie besonder hoog nie. Albei is steeds swakker as die gemiddelde 20,7 van die hulpbronindeks.

Allan Gray erken dat die besluit ’n nadelige uitwerking op sy prestasie op kort termyn het, maar is vol vertroue dat dit die regte besluit is. Tans is die ekwiteitsfonds se gunstelingaandele Remgro, MTN en SABMiller, wat saam ’n derde van die huidige beleggingswaarde in die fonds vorm.

Op langer termyn is Allan Gray gewoonlik reg, soos blyk uit sy gemiddelde opbrengs van 36,3% per jaar die afgelope drie jaar, die 5de beste onder 60 algemene trusts. Maar op kort termyn byt beleggers die spit af met ’n opbrengs van net 0,16% die afgelope jaar.

Algemene effektetrusts se opbrengste die afgelope jaar wissel gemiddeld tussen 5% en 15%, heelwat swakker as dit wat regstreekse beleggers in hulpbroneffektetrusts kon kry. By sommige gebalanseerde fondse is opbrengste selfs negatief.

Oor ’n jaar is Ou Mutual se Hulpbronfonds voor in die koor met 54,7% gevolg deur Investec se Kommoditeitsfonds met 50,8%.

Algemene effektetrusts is veronderstel om hul beleggers ’n breë blootstelling aan verskeie bateklasse, ook hulpbronne, te bied. Party beleggers kan daarom miskien met reg gegrief voel.

Mnr. Paul Hansen, direkteur van Stanlib Batebestuur, sê selfs op langer termyn begin suiwer hulpbronfondse nou algemene fondse uitstof. As jy die afgelope 20 jaar in Stanlib se Hulpbronfonds belê het, sou die waarde 56 keer gestyg het teenoor 22 keer in die JSE se algemene indeks.

Stanlib se Hulpbronfonds het oor die tydperk saamgestelde jaarlikse groei van 33% getoon teenoor die indeks van alle aandele se 16,4%, ’n derde beter.

“Fondse tas ernstig mis met hul strategieë om ondergewig te wees met hulpbronne,” sê hy. ’n Moontlike rede is die siening dat hulpbronne in siklusse beweeg. Hulpbronne het 1990- ‘98 swakker presteer as die indeks. Dit kan volgens hom ’n misplaaste siening wees gegewe die stewige infrastruktuurbeleggings wat hulpbronne bevoordeel. Hoewel die finansiële en die nywerheidsektor oënskynlik waarde bied, is hulle onder druk weens hoë koerse, sê hy.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae