Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6100 Rand/£: 15.1700 Rand/€: 11.9600 Gold $/oz: 931.90 Platinum $/oz: 1735.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27109.04 Top 40: 25224.28 FNDI 30: 22797.51 Gold Mining: 2195.84 Resource 20: 57361.68 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
    Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Markte : MARKTE : STORIE
 
Hulpbronkolosse hou JSE bo 32 000 punte
15/05/2008 00:17  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die rand het vroeg gister heelwat verswak teenoor die dollar, maar later in die dag herstel van ’n laagtepunt van R7,69.

“Die rand is nie terug waar hy vandag begin het nie, maar ons het in die namiddag redelike data gesien en aandele het versterk,” sê me. Lucy Bethell, ’n geldeenheid-ontleder by die Royal Bank of Scotland nadat talle Suid-Afrikaanse maatskappye goeie resultate aangekondig het.

Die JSE se indeks van alle aandele het weer bo 32 000 punte gesluit deur altesame met 1,21% te klim tot 32 387,01.

Twee van die groot mynbou-aandele het die meeste van die opwaartse momentum verskaf.

BHP Billiton, wat sowat 15% van die totale markwaarde op die JSE verteenwoordig, het met 4,5% geklim te midde van volgehoue spekulasie dat die staatsbeheerde Chinese Aluminium Corporation ’n belang in die gediversifiseerde reus soek.

“Daar is sprake van ’n aanbod teen ’n premie op die huidige aandeelprys, sê mnr. Jawaid Afsar, ’n makelaar by Securequity in Engeland, oor gerugte dat ’n Chinese staatsinstelling BHP Billiton-aandele wil koop.

“Die krag van Billiton lei duidelik die mark,” sê mnr. Alex Murra, portefeulje-bestuurder by Anglorand Securities.

Anglo Platinum, die wêreld se grootste platinumprodusent wat feitlik uitsluitlik in Suid-Afrika myn, het ook met 4,88% gespring tot R1 311,00.

Sy moedermaatskappy Anglo American het self met 2,22% tot R506,49 geklim.

Elders op die beurs het die konstruksiegroep Murray & Roberts Holdings sy beste vertoning in vier maande gemaak met ’n 6,6%-sprong tot R87,90.

Hy het gister aangekondig dat sy bestelboek met 16% gegroei het in die drie maande tot einde Maart. Die groep het einde Maart oor kontrakte ter waarde van R44 miljard beskik.

Die land se grootste rekenaar-dienstemaatskappy, Dimension Data, het gister aangekondig sy tussentydse wins is 71% hoër op $55,9 miljoen. Daarna het sy aandele met 5,2% tot R7,93 geklim.

SABMiller het ook goed gevaar nadat agt ontleders wat deur Bloomberg gepols is, voorspel het dat die brouery se netto inkomste met 21% tot $2 miljard kan styg vir die boekjaar 2008. SABMiller-aandele het 2,4% hoër op R179 gesluit.

Die top 40-indeks het met 1,34% gestyg tot 30 402,99 punte al het ’n aantal van die beurs se voorste aandele swaargekry.

Kumba Iron Ore het met 3% geval tot R315,00 terwyl die petrochemiese reus Sasol 1,13% van sy markwaarde verloor het om op R479,50 te sluit. – Reuters en Bloomberg

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae