Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6300 Rand/£: 15.1800 Rand/€: 11.9900 Gold $/oz: 929.12 Platinum $/oz: 1735.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
    Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
'Krugerpark was my huis; waarheen nou?'
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Obama draws 200 000 in Berlin
Robbed singer 'prayed out loud'
Steyn has fractured thumb
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Markte : MARKTE : STORIE
 
JSE deel in wêreldwye positiewe stemming
16/05/2008 22:12  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Joanita Cillié

Daar was dié week geen keer aan die JSE nie.

Die indeks van alle aandele het ná twee hoogtepunte dié week teen gister nog nie stoom verloor nie en sommer die week met ’n derde hoogtepunt afgesluit. Dit is boonop die vyfde hoogtepunt in Mei, wat nog net halfpad is.

Die indeks was teen gistermiddag goed op pad om deur 33 000 punte te druk. Dit het egter by 32 965,68 omgedraai en op 32 700,98 gesluit – 53,55 punte of 0,16% hoër as Donderdag se hoogtepunt.

Die indeks van top-20-hulpbronaandele het gesluit op 75 008,07. Dié sluiting is 587,52 punte of 0,79% hoër en self ook ’n nuwe hoogtepunt.

Onder hulpbronaandele het veral platinum baie aandag van kopers geniet. Die platinumindeks was 3,09% hoër op 141,22 punte. Die goudindeks het egter met 0,77% teruggesak tot 2 472,40. Veral Anglo Platinum het uitgeblink met ’n nuwe hoogtepunt van R1 406,01 per aandeel, ’n 4,69%-verbetering op die vorige hoogtepunt wat in Maart behaal is.

Die prys van platinum was heelwat hoër op $2 131,00 per ons. Die goudprys het gister deur $900 per fynons gebars, die eerste keer in drie weke. Dit is egter nog ’n hele ent tot by die hoogtepunt van $1 030,80 wat in Maart bereik is. Die olieprys het ook ’n nuwe rekord behaal in ’n styging wat aangehelp is deur ’n swakker dollar en ’n groot vraag deur China en Europa. Brent-ruolie sal kopers amper 1,5% meer uit die sak jaag teen $124 per vat.

Die grootste maatskappye op die beurs, Anglo American en BHP Billiton, het albei met hoër aandeelpryse gespog. Anglo het 0,97% bygevoeg tot sy prys en op R518,27 per aandeel te staan gekom. Billiton, oor wie gefluister word dat die Chinese in hom belang stel, se aandeelprys was 0,66% hoër op R319,73.

Die verstewiging van die rand het bygedra tot die JSE se goeie lopie. Die rand was teen gistermiddag laat R7,4635 teenoor die dollar, bykans 1% sterker – die sterkste sedert Februarie.

Die aandeelprys van MTN, wat vandeesmaand in ’n reeks oorkoopbespiegelinge betrek is, het gister amper 1% laer gesluit op R152,73.

Imperial-aandele het ook met 1,79% teruggesak tot R55,98 per aandeel. Eqstra Holdings is Maandag uit Imperial ontknoop en afsonderlik genoteer. Eqstra-aandele was gister op R15,50 reeds R2,49 laer as met sy notering.

’n Positiewe stemming het wêreldwyd geheers.

Slegs Tokio se Nikkei het 0,23% laer gesluit op 14 219,48 punte. In Londen het die FTSE 100 0,88% hoër gesluit op 6 305,60 punte. Die DAX in Frankfurt het met 0,86% geklim tot 7 143,81 punte. Teen 17:00 was die Nasdaq in die VSA slegs 0,08% hoër op 2 506,81 punte as met sy vorige sluiting.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae