Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4800 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
    Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
New frenzy over team Obama
Cops bust ATM bomb syndicate
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Markte : MARKTE : STORIE
 
Blomtyd in Julie vir finansiële aandele
24/07/2008 00:00  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Visser

Finansiële aandele het gister geblink en hulpbronne gestink in ’n dag wat gekenmerk is deur internasionale beleggersoptimisme.

’n Mini-eksodus vanaf onderwaardeerde hulpbron- na finansiële aandele was gister kenmerkend van die JSE.

Die indeks van alle aandele het met moeite positief gebeur en die bul het die stryd net-net teen die beer gewen. Die indeks het die dag 0,4% hoër op 27 373,79 punte afgesluit.

Op die internasionale markte het beleggersoptimisme behoorlik geloop met stewige vertonings in bykans ál die belangrikste markte.

In die Ooste het Tokio se grootste indeks met 1% geklim, Shanghai was 0,3% laer en Hongkong het met 2,7% voortgestoom. Sydney se S&P-200 het met 2% verbeter, Singapoer was 3,1% hoër en Moembaai het 5,9% gewen.

Teen 17:50 het Europese markte ook die welwillendheid van positiewe beleggers geproe en was Frankfurt 1,5% stewiger en Parys en Londen 1,8% in die swart.

Wall Street het twee ure na sy opening ook beter gevaar met die Dow Jones 0,3% hoër, die Nasdaq 1,1% stewiger en die S&P-500 met 0,7% in gesonde terrein.

Finansiële aandele het behoorlik die kollig gesteel. Die indeks van top-15 finansiële aandele het die dag met 6,6% opwaarts afgesluit.

Veral die lewensversekeraars, wat die afgelope twee weke nog teen jaar-laagtepunte verhandel het, het geblom.

Ou Mutual, die grootste in terme van markwaarde, het met 10,4% tot R15,54 verstewig. Sanlam het in die partytjie gedeel en met 8,5% verstewig.

Banke was nie ver agter nie. Standard Bank het vér voor geloop en met 8,6% tot R85 gespring. Investec Ltd het beleggers met ’n styging van 6,5% beloon en FirstRand was 6,2% beter. Rand-Aksepbank Beherend het met 5,8% opgeskuif, Nedbank met 5,5% en Absa met 4,5%.

Hulpbronne was die swartskaap van die beurs.

Met tanende vooruitsigte vir wêreldwye ekonomiese groei, ’n sterker dollar en swakker olieprys, het goud gister nogmaals geboet. Die kontantprys van goud is in die oggend in Londen op $934,75 per fynons vasgestel en het daarna kwaai gegly tot $926,50.

Goudaandele het gebloei en die goudindeks van die JSE was met 5,3% in die rooi.

Die grootste slagting was onder Harmony-aandele wat met 8,2% tot R80 getuimel het. Gold Fields het in dié bloederige spore gevolg met ’n daling van 6,8% tot R89,35.

DRDGold het met 5,4% geval. AngloGold Ashanti was dié kliniese beleggersentiment gespaar en het “net” 3,3% verloor tot R251.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae