Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
    Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Markte : MARKTE : STORIE
 
Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
24/07/2008 21:42  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Visser

Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.

Die JSE se indeks van alle aandele het nie ’n indrukwekkende vertoning gelewer nie en met ’n skamele 56 punte geklim tot 27 430,12 punte. Die top-40 het 0,15% gewen.

Finansiële aandele het egter steeds voortgebeur, maar platinumaandele het gely.

Op die internasionale markte het die Ooste presteer, maar Europa en Wall Street kon nie die mas opkom nie.

In Tokio was die belangrikste indeks met 2,2% op, was Sjanghai 2,6% beter en het Hongkong geglip met 0,2%. Singapoer was met 0,4% in die rooi. Sydney het met 0,8% geklim en Moembaai was met 1,1% af.

In Europa het Frankfurt teen 17:35 met 1,7% gekrimp, was Parys met 1,6% laer en het Londen met 1,8% gegly.

Wall Street het ook nie gesond gelyk nie en die Dow Jones, Nasdaq en S&P-500 was al drie met 1,2% in die rooi.

Op die plaaslike mark het die indeks van top-15- finansiële aandele met 1,4% verbeter.

Die banke het nie teleurgestel nie en Standard Bank het nóg ’n goeie dag gehad deur met 349c te verstewig tot R88,49. Absa was met byna 4% hoër op R99,75 en FirstRand het 2,5% gewen tot R15,89. Investec Ltd het 90c gewen tot R49,90, maar Nedbank het uitgeval en 35c verloor tot R102,65. Rand-Aksepbank Beherend het met 4,8% verstewig tot R24,89.

Die lewensversekeraars moes met winsneming tevrede wees ná hul gesonde lopie eergister. Ou Mutual was met byna 1% laer op R15,39 en Sanlam het 34c verloor tot R17,45.

Aan die nywerheidskant van die beurs het dit ook goed gegaan en die indeks van top-25-nywerheidsaandele het met 1,3% verbeter.

Veral konstruksie-aandele het geskitter. Basil Read het met 8,3% opgeskiet tot R26. Murray & Roberts was met 2,9% beter op R89 en WBHO het 305c tot R113,05 gewen. Group 5 het met 114c tot R43,75 geklim. Aveng was 3,6% beter op R56,98 en PPC het met 2,9% tot R31,90 gestyg.Die padbouer Raubex het 69c by sy aandeelprys gevoeg tot R33,79.

Platinumaandele het ’n verdere dag van verliese gely en die platinumindeks was met meer as 2% in die rooi.

Wesizwe het veral gebloei en met 6,5% tot R5,15 gekrimp. Anglo Platinum was met 2 300c af tot R925 en Impala Platinum het 400c verloor tot R228. Lonmin het 3,2% laer gesluit op R367,75.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae