Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4100 Rand/£: 15.4600 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
    Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Cop: Yengeni cover-up ordered
Bok and Brit forward battle
Nel's sentencing welcomed
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Markte : MARKTE : STORIE
 
Die tyd is ryp om met aandele te woeker
18/08/2008 00:48  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner

Koop nou aandele!

Dit is die boodskap van Merrill Lynch in sy jongste maandelikse fondsoorsig. Altesame 50% van die deelnemers aan die ondersoek – wat Suid-Afrika se voorste batebestuurders insluit – meen aandeelpryse gaan oor die volgende 12 maande styg.

Dit is beduidende verbetering op die 13% van die vorige maand. Terselfdertyd het net 4% aangedui hulle is optimisties oor die vooruitsigte vir die geldmark teenoor ’n stewige 44% die vorige maand.

Oor die volgende drie maande kan onsekerheid nog heers in die aandelemarkte, maar 69% glo die markte sal oor die volgende ses maande styg. Die gunstelingsektore van die JSE sluit in banke, telekommunikasie, kleinhandel en media. Lewensversekering, goud en platinum wek die minste belangstelling.

Die platinumprys het Vrydag sy grootste verlies in ’n week in bykans agt jaar ervaar, onder meer in reaksie op die sterker dollar. Die indeks van alle aandele se gemiddelde prys-verdienste-veelvoud (p/v) beloop tans 13,6, hoofsaaklik vanweë die hoë waardasies van platinumaandele. Die top-15-finansiële aandele se p/v is 9,65.

Heelwat beleggers het die afgelope jaar van die aandele na die geldmark geskuif om die voordele van hoër rentekoerse te ervaar. Volgens fondsbestuurders is die rentesiklus nou op sy hoogtepunt.

Hiervolgens kan die eerste rentekoersverlaging reeds in die tweede kwartaal van aanstaande jaar plaasvind. Die vooruitsigte vir rentekoerse het volgens die ondersoek drasties verander, met 80% wat meen die volgende stap sal ’n verlaging wees. Verlede maand het 63% gemeen dat koerse verder sal styg.

Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee het verlede week besluit om die repokoers op 12% te hou en so die prima oortrekkingskoers onveranderd op 15,5% te laat.

Mnr. Cees Bruggemans, hoofekonoom van Eerste Nasionale Bank, sê dit is moontlik dat die Reserwebank al in Desember koerse kan begin verlaag. “Maar miskien sal hy eerder wil wag tot Januarie om met die proses te begin.”

Me. Annabel Bishop, ekonoom van Investec, verwag geen verdere koersverhogings vir vanjaar nie. Sy verwag die eerste verlaging in April 2009.

Ekonome is heelwat meer optimisties oor inflasie as die Reserwebank. Die Reserwebank verwag dat inflasie eers in die tweede helfte van 2010 na die VPIX-teikenvlak van tussen 3% en 6% sal terugkeer. Bishop meen dit sal in die tweede helfte van 2009 gebeur.

Laer rentekoerse is tradisioneel positief vir aandele.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae