Ná twee dae van rekordstygings op aandelemarkte oor die wêreld heen, het risiko-aversie vandag in volle swang ingetree.
Die rand het in middagverhandelinge erg verswak en teen R9,54 teenoor die dollar verhandel.
Die JSE se indeks van alle aandele het in middagverhandelinge 5,27% verloor om op 20 951 punte te staan.
Op die Oosterse markte het die Nikkei in Tokio vanoggende met ’n skamele 1% geklim.
Die Hangseng het met byna 5% in die rooi gesluit.
Europese markte het ook laer geopen en die FTSE in Londen was 3% in die rooi teen teetyd.
Beide die DAX in Frankfurt en die CAC in Parys met was 2,4% laer.